OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 76
In die wêreld, maar nie van die wêreld nie.
15 Desember 2007 om 01h25
Julle is geroepenes. Dit veronderstel dat daar een is wat roep. Te midde van al die roepstemme wat uit die wêreld tot julle kom, klink ook die roepstem van My: “Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” Hierdie stem het Moses by die brandende braambos gehoor; Dawid het dit agter die skape gehoor; die profete het dit gehoor. Julle hoor dit nog in hierdie dag. Hierdie roepstem eis ‘n antwoord en ‘n reaksie van gehoorsaamheid en volle oorgawe.
Daarom is julle ook heiliges. Julle is bang vir hierdie woord maar dit is uit onkunde. Dit is ‘n noodsaaklike stap in die heilsorde van My in die verlossing van julle. Dit is ‘n proses van die voortsetting van julle bekering. Om heilig te lewe is om te stry totdat die stryd volstry is. Julle moet My steeds toelaat om gedurig aan julle lewe te werk en sielsorg aan julle lewe te doen deur die werk van My Heilige Gees. Julle moet wegvlug van die sonde en in voortgaande vernuwing lewe. Daar mag nie stilstand in julle lewe wees nie, maar geestelike groei en vooruitgang.
Die wetenskaplikes vertel van ‘n insek wat in die water gedompel kan word en tog nooit nat sal word nie. Omdat hulle omring is deur ‘n eie atmosfeer kan die water hulle nie deurweek nie. As julle waarlik gelowiges is, sal julle ‘n eie atmosfeer hê wat julle onbesoedeld sal hou, al is julle omring deur die wêreld.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205