OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 77
Sout vir die wêreld
15/12/2007 om 07h00
Kyk, julle is die sout van die aarde. Maar as sout verslaan het, is dit niks meer werd nie.
Sout is gekonsentreerde krag, daarom het dit so ‘n deurdringende werking. Slegs ‘n klein bietjie is nodig om kos te geur en dit smaaklik te maak. Die gelowige behoort in hierdie wêreld ‘n korrel gekonsentreerde krag te wees wat ‘n onberekenbare invloed ten goede in hierdie wêreld kan hê. Dis ook my belofte aan julle in Handelinge 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuie wees...” Sout word ook gebruik om bederf te weer. Daardeur word lewensmiddele bewaar en ontbinding word teëgegaan. As getuies van My behoort julle ‘n behoudende krag in hierdie wêreld te wees wat iets van ewigheidswaarde in die lewe indra. Julle moet sonde en korrupsie teëwerk deur eerlikheid, ‘n rein gewete, hoë morele en geestelike standaarde en vaste sedelike norme. Hierdie wêreld het die sout van julle voorbeeld en julle gebede nodig as ‘n bolwerk teen die bose en dit vereis moed van besondere gehalte. Sout is die teendeel van laf. Daar is baie oppervlakkigheid en platvloersheid in die wêreld. Daar word maklik gespot met heilige dinge. Julle word nie geroep om deur die lewe te gaan as pretbederwers nie, want Christenskap moet smaak gee aan die lewe. Julle moet die verlore gloed van Christelike vrede aan die lewe teruggee, maar gepaste blydskap is nie laf of flou nie. Julle gesprekke, ook julle vrolike gesprekke, moet altyd met sout besprinkel wees. As julle nie hierin die sout van die wêreld is nie, sal die verrotting julle ook aantas. Sout is ook ‘n reinigingsmiddel. Sout brand in ‘n oop wond, maar terselfdertyd heel en genees dit. Julle Christelike getuies moet soos sout in die oop wond van sonde gevryf word. Julle moet vir die sonde ‘n irritasie wees om suiwerend te kan werk. Sout bereik sy hoogste doel in oplossing. Voordat dit tot nut kan wees, moet sout geheel en al in die kos oplos. Dit moet geoffer word voordat dit enige nut kan hê. Ek het hierin die volmaakte voorbeeld gestel. Dit is deur te gee dat julle ontvang en deur te sterf aan julleself dat julle tot die ewige lewe gebore word. 
Wees lief vir My, julle Vader van Liefde en Genade.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205