OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 79
Jou lewensfontein.
17 Desember 2007 om 03h00
Soms kom die vraag by jou as gelowige op: Is jy werklik ‘n kind van My? As dit vir jou ‘n probleem is, kom toets jou dan.
Die wesenlike onderskeid tussen die gelowige en die ongelowige lê daarin dat die ongelowige nie die eer van My nastreef nie, maar net sy eie eer, terwyl die gelowige My eer en sy krag en sterkte in My vind. Vir die ongelowige draai alles om homself. Sy eie belange staan voorop. Sy wil moet altyd deurgevoer word. Ek het geen ereplek in sy hart nie.
By My kinders is dit anders. In plaas van eiegeregtig en grootdoenig te wees, kom jy kinderlik na My. Vir jou is die liefde van My so wyd soos die hemel, die geregtigheid van My so hoog soos die berge en die reg wat Ek handhaaf, so onmeetlik diep soos die see. Dit weet jy in jou hart. Daarom skuil jy by My.
Kyk nou terug oor jou lewe en sien die hand van My wat deur dik en dun by was. Ek was getrou en het oorvloedig voorsien. Daar was nie net druppels van die goedheid van My nie, maar strome. Weet in jou hart dat Ek die bron van jou lewe is en lig voorsien op jou lewenspad vorentoe. Hierdie wete moet die gebed uit jou hart laat kom oor die liefde en trou van My wat nie sal wyk nie en dat Ek jou sal beskut teen elke lewensgevaar.
Toets jou hart en kyk hoe groot die statuur van My in jou oë is teenoor jou eie. Is Ek werklik die bron van jou lewe – jou lewensfontein.
Julle wat ‘n ver pad met My geloop het, kan daarvan getuig dat jy niks het wat Ek jou gegee het nie – jou lewe, gesondheid, ouers, werk, gesin, uitkoms uit moeilike situasies, ensovoorts. Die een saak waarop jy kan reken, is Gods trou. Selfs wanneer jy My nie gewaar of ervaar nie, kan jy weet dat Ek daar is – by jou en in jou. Ek stel jou tot alles in staat. Elke dag put jy jou krag uit My.
Leef dan uit My en vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205