OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 85
Mense, ontmoet My.
18 Desember 2007 om 21h00
Daar het iemand na My toe gekom en gesê: “Meester watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Ja, jy kom na My om die ewige lewe te soek. In jou terme het dit waarskynlik geluk, tevredenheid en vrede met My beteken. Die manier waarop jy jou vraag stel, verraai die fout in jou denke: “Watter goeie daad moet ek doen?” Jy dink in terme van dade, van aksie. Jy wil wette nakom en reëls en regulasies hê. Jy verraai die invloed van die fariseërs. Jy wil ‘n kredietbalans by My hê omdat jy die werke van die wet doen.
Kyk, jy het oënskynlik niks geweet van ‘n godsdiens van “genade” nie. Jy wil deur onderhouding van wette iets by My verdien. Ek wil jou help en sê dat jy die gebooie moet onderhou; die gebooie wat te doen het met jou plig teenoor jou medemens; oor jou gesindheid en jou persoonlike verhoudinge.
Ja, jy hou vol dat jy die wette onderhou, maar weet tog dat daar nog iets kortkom. Ek gaan nou vir jou iets sê wat jy nie graag wil hoor nie: “Gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes.” Hierdie is miskien vir jou te veel. Jou verhouding met My kon nie regkom voordat jou verhouding met jou medemens reggestel is nie. Jy was nie waarlik besitter van jou besittings nie, maar hulle het jou besit!
Ek het liefgehad en Ek het gegee – tot die uiterste toe. Ek het Myself gegee. As julle by My ‘n kredietbalans wil hê, moet julle dit nie probeer doen deur die nakom van wette nie. Geluk, blydskap, tevredenheid, gemoedsrus en vrede met My word gebore uit onselfsugtige naastediens. Ja, dit is godsdiens.
Ek ontmoet Jou en sien die mooie in jou lewe raak, maar Ek lê ook die dieperliggende oorsaak van jou ongelukkigheid bloot. Dit gaan nie om rykdom of armoede nie, maar om ‘n belangrike beginsel: daar mag niks tussen jou en My staan nie. Ek bied vir jou die oplossing: Breek al die skeidsmure af, roei alle verkeerde gesindhede uit. Volkome oorgawe is noodsaaklik. Die onderhouding van wette, skynvroomheid en goeie werke baat alles niks as jy nie volkome aan My oorgegee is nie.
Ek sien hoe jy bedroef weggaan. Jou groot verwagtings is teleurgestel, nie omdat Ek ontoereikend is nie, maar omdat jy die keuse nie kon doen nie. Jy moes kies om jou besittings te behou of om onvoorwaardelik deur My besit te word. Dit is die grootste en blywendste droefheid van almal: Iemand wat sy besittings so liefhet dat hy sy rug op My draai.
Ek sal jou genade gee, wees net lief vir My, julle Meester en liefdevolle Vader in die hemele.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205