OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 88
Briewe uit die hemelse Vaderland.
19 Desember 2007 om 21h50
Elkeen wat die Bybel (die Skrif) besit, besit die grootste skat op aarde. Bly dit ongelees, het dit geen waarde nie. Maar wanneer dit gelees word, vloei daaruit ‘n onuitputlike rykdom wat nie bereken kan word nie – konkreet of abstrak – kan soveel vreugde en vrede, soveel troos en bemoediging, soveel lering en voorligting, soveel geloof, hoop en liefde in ons lewens indra.
Reuse in die Christelike geloof besing hierdie Boek. Die Skrif is die koets waarin Ek, julle hemelse Vader, ry. Dit is die mens se skepping, die mens se val en die mens se redding, Ek as gekruisigde. Dit is ‘n bundel briewe uit die hemelse vaderland. Ja, die Skrif is die mees betekenisvolle en aktuele leesstof wat ooit oor jou pad gekom het. Julle moet beslag lê op die Skrif, totdat die Skrif op julle beslag lê. Wat jou ookal weghou van die Bybel, is jou vyand, al lyk dit vir jou ook hoe skadeloos. Verwaarloos die Woord en jy verwaarloos My.
So kan Ek voortgaan. Wat ‘n wonder om so ‘n unieke goddelike geskrif in een band tot jou beskikking te hê, om sonder enige hindernis enige tyd daarin te kan lees – in jou eie taal. Net so min as wat die liggaam sonder kos kan klaarkom, net so min kan die siel lewend en kragtig bly sonder die Woord. En om sonder geloof daarin te lees, is om in die duister te wandel. Die Skrif is nie antiek of modern nie, dit is ewigdurend. Vir elkeen wat biddend die Woord opneem, wag daar nuwe vergesigte en insigte en ‘n heerlike, vrugbare lewe. My Woord is lewend en kragtig.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205