OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 92
Alles begin met Hom (My).
20 Desember 2007 om 08h35
Dit gaan nie om jou nie.
Jou lewensdoel is veel groter as jou persoonlike, vervulling, jou innerlike vrede of selfs jou geluk. Dis veel groter as jou gesin, jou loopbaan of selfs jou wildste drome en ambisies. As jy wil weet waarom jy op die planeet geplaas is, moet jy met My begin. Jy is deur My doel vir My doel gebore.
Die soeke na die doel van die lewe laat mense al duisende jare kopkrap. Dis omdat julle gewoonlik by die verkeerde plek begin - jouself. Julle vra selfsugtige vrae soos: Wat wil ek word? Wat moet ek met my lewe maak? Wat is my doelwitte, my ambisies, my drome vir my lewe? So ‘n klem op jouself sal egter nooit julle lewensdoel duidelik maak nie. Die Bybel sê: “Ek het al wat lewe, in My mag, die asem van elke mens.”
Anders as wat talle populêre boeke, flieke en seminare jou wysmaak, gaan jy nie jou lewensdoel raaksien deur binne-in jouself te kyk nie. Jy het dit waarskynlik reeds probeer. Jy het jouself nie geskep nie, dus kan jy mos nooit vir jouself vertel waarom jy geskep is nie! Jy moet met My, jou Skepper, begin. Jy bestaan net omdat Ek wil hê jy moet bestaan. Jy is deur My en vir My geskep – en die lewe sal eers sin maak as jy dit verstaan. Net in My ontdek jy jou oorsprong, jou identiteit, jou betekenis, jou doel, jou sin en jou lotsbestel. Elke ander pad is ‘n doodloopstraat. Baie van julle probeer My vir jul selfverwesenliking gebruik, maar dit keer die natuur op sy kop en sal beslis misluk. Jy is vir My gemaak, en nie andersom nie, en die lewe gaan daarom dat jy My toelaat om jou vir My doeleindes te gebruik. Ja, die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. Stappe om jou lewensdoel te soek is: Dink aan jou drome. Bepaal jou waardes. Stel doelwitte. Weet wat jy goed doen. Mik hoog. Trek los! Wees gedissiplineerd. Glo jy kan jou doelwitte bereik. Betrek ander. Moet nooit tou opgooi nie.
Die Bybel sê: “... want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.” Die belangrikste is om te word wat Ek jou geskep het om te word en te wees. Duisende jare lank het briljante filosowe die betekenis van die lewe bespreek en daaroor gespekuleer. Filosofie is ‘n belangrike onderwerp, en is soms nuttig, maar wanneer jy bepaal wat die betekenis van die lewe is, raai selfs die slimste filosowe maar net. Ek het jou nie in die duister gelaat om te wonder en te raai nie. Die Bybel sê: “Wat julle verkondig, is die wysheid van My, die verborge waarheid wat bedek was en wat Ek van ewigheid af vir julle voorbestem het tot julle ewige heerlikheid.” Ek is nie net die wegspringplek van jou lewe nie; Ek is die bron van jou lewe. Om jou lewensdoel te ontdek, moet jy die wysheid in My Woord raadpleeg, nie die wêreld se wysheid nie. Jy moet jou lewe op ewige waarhede bou, nie op pop-sielkunde, suksesmotivering of inspirerende verhale nie. Die Bybel sê: “Deur My het julle deel geword van My volk soos Ek dit vooruit al bestem het. So het Ek dit voorgeneem, Ek wat alles laat gebeur volgens My Raadsbesluit.” Daar is drie insigte in jou lewensdoel:
1)                  Jy ontdek jou identiteit en doel deur ‘n verhouding met My.
2)                  Ek het aan jou gedink nog lank voor jy aan My gedink het. Ek het dit beplan voordat jy nog bestaan het, en sonder jou insette!
3)                  Jou lewensdoel pas in ‘n veel groter kosmiese doel wat Ek vir die ewigheid ontwerp het. Sonder My maak jou lewe nie sin nie. Jy het dalk in die duister gevoel oor jou lewensdoel. Geluk, jy gaan binnekort tot in die lig stap.
Ek herinner jou daaraan, dat dit eintlik daarom gaan om vir My, julle Hemelse Vader, te leef, en nie vir jouself nie. Wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205