OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 98
Wat is jou lewensbeskouing?
24 Desember 2007 om 22h00
Hoe jy jou lewe beskou, bepaal jou lewe. Hoe jy jou lewe omskryf, bepaal jou lotsbestel. Jou perspektief sal beïnvloed hoe jy jou tyd en jou talente gebruik en jou verhoudings waardeer. Een van die beste maniere om ander mense te verstaan, is om vir hulle te vra: “Hoe sien jy jou lewe?” Jy sal ontdek daar is soveel verskillende antwoorde op daardie vraag as wat daar mense is. Mense sê die lewe is ‘n sirkus, ‘n mynveld, ‘n wipwarit, ‘n raaisel, ‘n simfonie, ‘n reis en ‘n dans. Mense het al gesê: “Die lewe is ‘n rondomtalie; soms is jy bo, soms is jy onder, en soms draai jy maar net in die rondte,” of “die lewe is ‘n tienspoedfiets met ratte wat julle nooit gebruik nie,” of “die lewe is ‘n kaartspel; jy moet maar met die hand speel wat iemand jou deel.”
Watter beeld sal by jou opkom as Ek jou moet vra om die lewe te beskryf? Daardie beeld is jou lewensmetafoor. Dis jou bewustelike of onbewustelike beeld van die lewe in jou kop. Dis jou beskrywing van hoe die lewe inmekaar steek en wat jy daarvan verwag. Mense druk hul lewensmetafore dikwels in klere, juweliersware, motors, haarstyle of selfs tatoeëermerke uit. Wat is jou lewensbeskouing? Jy grond jou lewe miskien op ‘n verkeerde lewensmatafoor. Om die belofte te vervul waarvoor Ek jou gemaak het, moet jy die algemene beskouing uitdaag en dit met Bybelse metafore vervang. Die Woord sê: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat Ek julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat My wil is, wat vir My goed en aanneemlik en volmaak is.
Ek toets julle karakter, geloof, gehoorsaamheid, liefde, integriteit en lojaliteit gedurig. Die lewe op aarde is ’n tydelike toets, ja, die hele lewe is ‘n toets. Jy word altyd getoets. Ek hou gedurig dop hoe jy op mense, probleme, sukses, konflik, siekte, teleurstellings en selfs die weer reageer! Ek hou selfs die eenvoudige dinge dop, byvoorbeeld wanneer jy ‘n deur vir iemand oop hou, ‘n stukkie rommel optel, of selfs wanneer jy hoflik teenoor jou medemens optree.
Julle weet nie watter toetse Ek alles vir jou beplan het nie, maar op grond van die Skrif kan julle sommige voorspel. Jy gaan deur groot veranderings, uitgestelde beloftes, onmoontlike probleme, onbeantwoorde gebede, onverdiende kritiek en selfs sinnelose tragedies getoets word. Wanneer jy verstaan dat die lewe ‘n toets is, besef jy dat niks in jou lewe onbeduidend is nie. Selfs die kleinste insident is vir jou karakterontwikkeling van belang. Elke dag is ‘n belangrike dag, en elke sekonde ‘n groeigeleentheid om jou karakter te verdiep, liefde te openbaar, of van My afhanklik te wees.
Die goeie nuus is dat Ek wil hê jy moet die lewenstoetse slaag, dus sorg Ek dat die toetse wat jy moet aandurf, nooit groter is as die genade wat Ek jou gee om hulle baas te raak nie. Die Woord sê: “God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo jul kragte versoek word nie; as die versoeking kom sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” Elke keer dat jy ‘n toets slaag, sien Ek dit raak, en dan maak Ek planne om jou in die ewigheid te beloon.
Julle tyd op aarde, en julle energie, intelligensie, geleenthede, verhoudings en hulpbronne is almal gawes van My wat Ek aan julle sorg en bestuur toevertrou het. Julle is die bewaarders van wat Ek julle ook al gegee het. Die begrip van rentmeesterskap begin met die besef dat Ek alles en almal op aarde besit. Julle besit eintlik nooit iets tydens julle kort verblyf op aarde nie. My eerste taak vir die mens was om My goed op aarde te bestuur en op te pas. Die rol is nooit teruggetrek nie. Dis vandag nog deel van julle doel. Alles wat julle geniet, moet beskou word as vertroue wat Ek in julle gestel het.
Aan die einde van jou lewe op aarde sal jy beoordeel en beloon word na gelang van hoe goed jy dit wat Ek aan jou toevertrou het, opgepas het. Dit beteken dat alles wat jy doen, selfs daaglikse sleurwerkies, ewige implikasies het. As jy alles soos ‘n trust behandel, belowe Ek jou drie belonings in die ewigheid. Eerstens sal jy bevestiging van My kry. Dan sal jy bevordering kry en in die ewigheid groter verantwoordelikheid kry: “Ek gaan jou oor baie dinge aanstel. Dan word jy met ‘n viering beloon, kom deel in My vreugde. Die lewe is ‘n toets, en hoe meer Ek jou gee, hoe verantwoordeliker moet jy optree.
Sien die lewe uit My perspektief.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205