DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 11
Die gevolg van sonde
26 November 2007 om 01;39
Die gevolg van sonde is die dood. Die materie waaruit jy ewige tye nie sal loskom nie. As jy jou hart verhard en nie na MY stem luister nie, en in jou ou weë voortgaan, kan jy nie vry word nie. Want dan is jou wil nie op MY gerig nie en moet EK aanskou hoe jy jou dood binnegaan.
EK respekteer jou vrye wil, daarom doen EK niks teen jou wil nie. Die oomblik dat EK iets teen jou wil doen, is dit dwang. EK dwing niemand nie. EK IS die Ewige, Onsterflike, Enige wat MY nie skuldig maak aan iets wat teen MY orde is nie.
Maar as jy jou na MY keer en rein word deur MY vergote bloed, sal EK jou red. Jy sal deur MY gereinig word en jy sal MY Sionskind wees. Julle is almal deel van MY uitverkore Sion waarvoor EK aan die kruis gesterf het. Jy moet egter ook deel wíl wees, sodat jy deel kán wees van Sion.
Vra MY en EK sal jou verlos van sonde en bevry van die bande van die dood. EK sal jou voete vrymaak en jou tong los, sodat jy kan spring en jubel.
Bely MY sodat jy totaal gereinig deur MY bloed, MY vrede kan ervaar. EK sal jou opneem in MY RYK.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205