DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 12
Die wêreld van ‘n sondige siel.
26 November 2007 om 09;32 marietha
‘n Siel skep deur wat hy op aarde verrig het, sy plek in die ryk van die geeste. As dit goed was, is sy plek in die lig, maar as die siel innig met die wêreld verkleef is, skep die siel vir homself ‘n wêreld wat soos die materiële wêreld is, waarin hy net so voortgaan as op die aarde.
Hy lewe in ‘n klug en baie besef nie eens dat hulle dood is nie. Die strewe van so ‘n siel is ook heeltemal net gerig op die aardse. Dit is die ewigheid van ‘n onvolmaakte siel, dat hy vir homself ‘n wêreld uit sy verstand voortbring, ‘n wêreld wat geen waarheid is nie, net ‘n fantasie van die siel se verbeelding. So ‘n siel kan ondenkbaar lank met sy maskerade voortgaan, en wil na geen goeie inspraak luister nie.
By die siele wat onverbeterlik boos is, is dit nog erger. Dis hulle wat weer opgebreek gaan word in stukkies en in die materiële wêrelde gekluister gaan word, waar hulle ewighede gaan smag totdat hulle weer van hulle boosheid vry is.
EK IS die Heilige en verdra geen boosheid by MY nie. EK laat hulle eers gereinig word sodat ook hulle eendag deur MY kruisoffer weer na MY toe kan kom. Ja, dit is MY verlore seuns waarvan julle deel was, want toe julle die oersonde wat die rebellie teen MY is, gedoen het, het EK julle siele in stukkies gebreek en die materie geskep as ‘n gevangenis vir julle siele.
Waar kom jy vandaan? Het jy al mooi gedink? EK het jou ewige tye gelede geskape as ‘n engel, voor die materiële skepping bestaan het. Lucifer het julle gelei in rebellie teen MY, en EK het julle siele wat uit klein deeltjies bestaan, opgebreek, en die hele materiële skepping geskep as ‘n tronk vir die gevalle siele.
So het julle die weg na MY toe terug begin. Eers was julle in die hardste metale en rots, klip ens, gekluister. Julle sieledeeltjies het baie kwellings ervaar en daardeur is daardie deeltjies verdeemoedig en het in minder harde stowwe oorgegaan. As dit verby was, en die siel vryer, edeler en sagter, het dit met die ander deeltjies van dieselfde siel verenig en in die planteryk begin opwaarts streef. As so ‘n siel die planteryk deurgegaan het, het dit by die diereryk begin. Die heeltyd verenig die sieledeeltjies van dieselfde siel met mekaar en raak meer volledig. As die siel klaar deur die diereryk gegaan het, en die laaste vereniging vind plaas, is die siel weer verenig en word so ‘n persoon gebore as ‘n mens.
Dit is MY liefde vir julle, dat EK julle weer na MY terug lei. Vir julle wat dit nie glo nie, gaan lees die gelykenis van die verlore seun. Die engele wat nooit teen MY gesondig het nie, is die oudste seun. Maar die engele is dienende geeste, en kan nie as kinders na MY toe kom nie. Maar vir hulle het EK ‘n weg oopgebaan en baie engele word nou as mense op die aarde gebore. Daarom sê EK weer; Sal EK nie ewighede wag en help as een van MY kinders geskei is van MY nie?
Julle ken nie die liefde van MY VADERHART nie. Julle ken nie die liefde waarmee EK vir julle aan die kruis gesterf het, om julle oersonde uit te wis en julle weer as geliefde kinders aan MY VADERBORS te ontvang nie.
Nou weet julle wie julle is, en niks wat julle sê of dink, kan iets daaraan verander nie. Die waarheid is rein die waarheid. Streef na MY sodat jy nooit weer die eindelose kwelling hoef deur te maak nie. Julle weet nie hoe vreeslik dit was nie, as julle geweet het, sou julle in angs terug na MY gehardloop het en elke dag by MY kom smeek om julle van elke sonde te verlos.
Julle sou MY liefgekry het omdat EK MY as offer vir julle sondes aan gebied en alles deurstaan het, net om julle weer te vertroetel aan MY Bors. MY kinders, het MY net lief, want dit is MY gebod.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205