DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 15
Die wese van sonde
27.11.2007 om 1h51
Sonde doen jy gewoonlik omdat jy jou beter ag as die een waarteen jy sondig. Daarom is hoogmoed die Hoofsonde, omdat alle sonde uit hoogmoed kom. Weer moet EK julle op die hart druk waarom die engele geval het. Hulle het hoogmoedig geword, en gedink dat hulle vir Lucifer moet dien. Die hele groep dra die naam ‘satan’, want elkeen was ‘n ligdraer.
Wees nie geskok as EK sê dat ‘satan’ verlos kan word nie, want elke stukkie siel was ‘satan’. Julle was die engele wat geval het en dus ‘satan’ wat geval het. Julle is nou van die groot Boosheid wat hom nooit sal bekeer nie, vry.
Wees bly en skud af alle hoogmoed. Dink aan MY nederigheid en sagmoedigheid. Nou klink MY stem op en EK roep; ‘Het MY net lief!’ En jy sal deel wees van MY bruid wat EK in MY arms na die hemele sal dra, van alle bande van boosheid, vry!
Ja, daarom moet julle van MY kruisoffer leer, sodat julle kan besef hoe EK vir julle gely het om julle van alles van Lucifer vry te maak en om Lucifer se mag oor julle te breek. (Hier het VADER vertel dat Lucifer mag oor al die siele van die gevalle engele gehad het. Dit was ‘sy’ siele en toe JAHSHUA aan die kruis sterf, het HY Lucifer se mag oor dié siele gebreek.) Dit is MY liefde vir julle, MY kinders, dat EK een verdwaalde skaap altyd sal soek en bevry.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205