DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 19
Dinsdag, 11 Desember 2007 om 03:22
Hou moed, MY kinders, hou moed
EK sal julle behoed
Wees nie bang
Vir die draak en slang
EK kom julle red
Van elke bose set
Ja, dit is waar
EK kom na MY kleine skaar
 
Vrees nie die nag
Want by MY is ewig dag
Hou moed, MY kinders, hou moed
Want EK sal julle behoed
Dit is WAAR dat EK
Vir julle ‘n getuie gaan opwek
Sodat julle die dood nie vrees
En glo dat EK met julle sal wees
 
Wees bly, wees bly!
Die klein getuie sal bely
Dat EK hom gewek het uit die dood
Hy sal vertel dit is geen nood
Hy sal arm in arm met MY wandel
En EK sal met hom handel
 
Sing, sing, sing, sing
EK het vir julle ‘n offer gebring
Baie jare gelede aan die kruis
EK nooi julle na die VADERHUIS.
Ja, MY kinders, ja
Dan kan satan julle nie meer pla!
 
Wees nou nie meer bang
Want die slang
Het geen mag
Die dood het geen krag
EK sal hom opwek
Die EEN wat spreek is EK.
 
Los alles in MY hand
EK doen MY woord gestand.
 
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205