DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 21
Dink aan MY!
9.12.2007
Dink aan MY as die laste druk. Dink aan MY in al jou pyn en smart. Dit is EK wat julle hoop gee, EK verwyder die smart. Ja, kom na MY!
EK het gesê dat julle aan alles wat lieflik is, alles wat loflik is, aan watter deug of lof daar is, moet dink. Dink aan MY, want EK IS die Gewer van die goeie gawes. Dink maar net en jy sal sien dat EK altyd weer hoop en lewe gee.
Ja, EK IS die Lewe SELF. Kom na MY toe sodat EK julle die Lewe kan gee. EK IS ook die Weg na dié Lewe en dié Weg is die Liefde.
Dink aan MY
En jy sal bely
Dat EK Lewe gee
EK neem jul mee
 
Dit is wat EK vir julle almal wil gee, ‘n onvernietigbare Lewe. EK IS die Waarheid SELF, soek na MY. EK sal na jou toe kom en jou hart bevry. EK sê weer: Dit is EK wat bevry! EK berei julle nou voor om rein te word, sodat EK julle na MY hemel kan neem. Kom staan nader sodat EK jou kan doop met MY GEES.
EK wil in jou woon en jou hart besit, dink daarom aan MY. Hou jou gedagtes rein en bly met MY besig. Moenie dink aan wêreldse dinge en wêreldse genot nie. Jy moet onthou dat gedagtes later dade word, en goeie resultate het wêreldse dade glad nie.
Dink altyddeur aan MY.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205