DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 23
EK, die Vlam van Liefde reinig jou!
Woensdag, 12 Desember 2007 om 03:45
Dit is EK wat julle reinig deur MY GEES. Ja, julle word gedoop met ‘n Vuurdoop. Want die Liefde is ‘n vuur, jy word so gereinig sodat jy heeltemal een met hierdie Vlam kan word. Die Liefde se vuur is sag en reinigend en jy word gou gewas daardeur. Die Vlam van Wysheid skroei egter en is brandend, laat die Liefde jou eers reinig voordat die Wysheid op jou gestort word. Wysheid is sterk en ook dodelik, maar die Liefde heel alle wonde en maak lewend en gesond. EK het gesê dat julle elke sonde moet oorwin deur MY dood aan die kruis, want sonde is soos strooi en kaf, dit brand dadelik in vuur.
Neem MY woorde ter harte en laat die Liefde se sagte Vlam jou reinig sodat jy in alle Wysheid met Sy felle Lig en brandende Vlam opgeneem kan word. Gooi elke las af en laat MY julle verlos, want vir julle het EK gesterf aan die kruis. Kom sit alles voor MY voete neer, kom gee elke probleem vir MY, sit elke las op MY skouers, want net EK IS sterk genoeg om dit te dra. Julle is nie sterk genoeg nie, al dink julle so. Een las is vir julle teveel om te dra.
O, MY kinders, julle wat so baie laste dra! Kom sit dit op MY, EK wil en sal dit vir julle dra! Julle wat bedroef en alleen is, kom na MY! Julle wat vol pyn en in beproewing is, slaan jou oë op en dink aan MY lyding aan die kruis! Julle wat verstote is, kom lê teen MY bors! Julle wat oud is, kom na MY! EK aanvaar almal wat in diepe liefde na MY toe kom. Die sagte Vlam van Liefde reinig julle en die felle Vlam van Wysheid sal julle dan nooit brand nie.
Vir almal wil EK sê: ‘Kom net na MY toe in die liefde van jou hart en EK reinig jou. EK sal jou nooit verlaat nie. Onthou, EK het gesê; ‘EK, julle VADER, dink aan julle!’ Vergeet bestaan nie by MY nie. Al het mense jou vergeet, EK sal jou nie vergeet nie. EK breek die bande van die dood en EK maak jou vry. Ja, EK maak en breek en dit is EK wat bevry. Dit is EK wat julle liedjies gee en die wysies leer. Ja, dit IS EK.
EK sê; ‘Vergeet MY nie!’ As jy MY nooit vergeet nie en MY altyd voor oë hou, sal EK altyd met jou wees. Dan vind EK jou besig met MY. Jou beloning sal die Liefde wees. Die Liefde sal jou teen HOM vasdruk, die Liefde sal jou noem seun of dogter.
Die Liefde is sag en baie, baie mooi. En die Liefde is EK. Die Liefde straal sag, die Liefde maak nie bang en verskrik nie, die Liefde troos en help. Ja, wat is mooier as die Liefde? Wat is reiner as die Liefde? EK IS die Liefde en EK IS die EEN wat alles tot stand gebring het. EK IS julle VADER.
Jy is kosbaar vir MY, staan daarom nader om deur die Liefde gereinig en gewas te word sodat jy jou ewig kan verbly.
EK IS, sê dit.
EK IS, ja, EK IS. Vir altyd.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205