DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 24
Klip
19 Desember 2007 om 08h49
Is julle nou verbaas oor dié opskrif van die hoofstuk? Klip. Nou kom laat ons begin. Daar is baie klippe. Sommige is rotse, maar hier praat Ek van ‘n klip. Baie mense is klippe. Wil niks hoor of weet van my nie. Hulle is klein klippies en irriteer die voete van My kinders. Want so ‘n klip-persoon is gewoonlik in die skoen van ‘n kind van My.
17h14
En so ‘n klip sal ‘n kind van My so pla, dat Ek hom by My kind sal verwyder. Sommige klippe, egter, bly ‘n lang tyd sit, sodat My kind se voete sterk kan word. Dit is die manier waarop Ek kinders van My leer. ‘n Ander een van My metodes is My woord aan ‘n kind van My. Na dié woorde luister die klippe glad nie. Somtyds word so ‘n klip gebreek en uit die stof wat terugsak haal Ek hom weer uit.
Julle moet regtig nie te veel met die klippe probeer nie. Bid vir hulle en dra hulle op aan My. Net Ek kan sommige klippe help. Dit is My liefde, dat Ek hom uit sy eie stof uit red en omvorm tot iemand aan My gelyk.
Julle wat hier lees, het al verskeie kere van hierdie klip-mense gesien. Bid vir hulle, sodat hulle kan terugkeer na My, want Ek is ook hulle Vader wat hulle gemaak het.
Ek sal sommige van My knegte toerus om hierdie klippe te breek en gees van die materie te maak. Want die klip sal eendag gees wees.
Ja, dit sê julle Vader wat julle liefhet.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205