DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 27
Die waters van Liefde
22 Desember 2007 om 20h42
My Liefde is in julle. Deel My uit aan ander. Gee die bekers vol water aan jou naastes. Het hulle lief. My skryfkneg het almal lief soos Ek julle liefhet, moenie haar liefde anders opneem nie. Sy deel net My Liefde aan julle uit, elke een wat kom, omhels sy ewe innig. Sy het nie een van julle by die ‘Dogter van Sion’ liewer as die ander nie. Haar hart is innig by My, Ek, JaHwèshua en My seun wat Ek na My kom haal het. (Nota: Marietha en haar suster, Anelda kuier bietjie by “Dogter van Sion” in Pretoria en is `n ware vreugde en seën by ons)
Word julle ook geheel liefde, dan sal julle verstaan dat julle ouer mans vir haar vaders is, en My seuntjies is haar boeties. Dit is die opregte waters van liefde wat Ek soek. Kom dat Ek julle in My liefde kan opneem. Sy deel net die water uit, en sy verstaan dit self nie. Ag jou gelukkig dat My liefde jou omhels! Ek Is JaHwèshua en julle moet My dogtertjie se liefde nie verkeerd opneem nie. Ek herhaal: Neem My dogtertjie se liefde nie verkeerd op nie!
Begewe julle ook in die waters van Liefde. As julle mekaar sien, moenie kwaad word soos gewoonlik nie. As julle My liefhet, SAL julle mekaar liefhê. Verlos die gevange siele deur gebed. Gaan omhels elke persoon innig deur My liefde. Laat elke persoon die persoon van die oomblik wees. Omhels elke persoon asof hy of sy jou hele liefde is, uit Liefde tot My. Hang jou hart aan geen persoon nie, maar aan My.
My dogtertjie omhels elke persoon asof sy My omhels. Word geheel en al Liefde sodat julle dié Liefde kan verstaan.
Dit is die water van liefde wat jy moet uitdeel aan die dorstiges, aan My kleintjies. Moenie My dogtertjie se liefde tot niks maak nie, want dit is nie haar liefde nie, dit is Ek. Ek herhaal, sy omhels julle nie, dit is Ek wat julle deur haar omhels! Dis My Liefde in haar wat geen persoon aanneem nie, maar almal dra en omhels. Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet, met goddelike Liefde uit My.
Amen! Amen! Amen!
Wees liefde dan sal jy hierdie water van liefde reg en rein opneem.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205