DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 29
Alle vlees is gras
24 Desember 2007 om 12h05
Alle vlees is gras, wêreldse genot is nietigheid. Ja, jy sterf, die vlees ontbind en daar bly niks oor nie. Geestelike dinge is vir ewig, maar vleeslike dinge is die dood. Reinig julle deur My gestorte bloed wat gevloei het en Ek sal julle onsterflike vlees opwek, dit is jou onsterflike geestelike liggaam.
Jou vleeslike liggaam sak in die stof en keer terug na die stof waaruit dit gemaak is. Jou geestelike liggaam, onsterflik en onoorwinlik, word opgewek om ‘n koningskind te wees in My huis. Besef nou eenmaal asseblief, My kinders, dat julle geskape is vir ewige heerlikheid en nie vir die ewige dood wat deur die vlees en deur die genot van die wêreld kom nie.
Ek het julle geskape as koningskinders om vir ewig saam met My te regeer. Ek wil julle suiwer van elke aardse drek en julle omvorm tot die Liefde waaruit julle geskape is. Verstaan julle nou dat alle genot van die vlees verbygaande is soos die gras van die veld en dat alle Geestelike genot vir ewig bly?
Kom, skaar julle by My, Ek sal julle veilig lei deur elke storm en ongety.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205