DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 35
My Liefde wat Ek op julle stort
30 Desember 2007 om 09h57
Ek stort My Liefde ryklik op julle uit. Ek wandel fisies by julle rond, in die persoon van jou naaste! Daarom is Ek in julle deur My Gees. Jy het ‘n stem gekry om liefdeswoorde mee te sê. Jy het hande gekry om mee te streel. Jy het arms gekry om ander styf vas te druk. Jy het ‘n sagte hart vol medelye gekry wat jou naaste van die dood wil ontruk.
Ja, ‘n mens is jy! ‘n Adamiet van die aarde. Geskape na My beeld. Jy is blosende en vol goddelikheid. Sien My in alles in elke liefde wat jy gee en ontvang is Ek.
Mens, Ek het jou lief bo-alles!
Amen.
 
31 Desember 2007 om 09h00
Stil is die waters van jou siel
in die vrede is Ek
die bome weerspieël jouself
en soos jy dieper delf
deur die hemelgewelf
binne in jouself
daar sal jy My vind
My Hemelse kind
 
31 Desember 2007 om 14h15
EK IS JaHWeH
en daar is geen ander Een
dit is Ek
wat jou verwek
in My hart as ‘n vonk
van My Liefde
jy is My Geliefde
want jy is jy
geskape uit My
geskape om wonderlik vry
op die wieke van die Gees te ry
as jy in My
sal bly
gaan Ek jou verbly
My kind
jy sal My vind
want Ek het satan gebind
vertel aan ander
dat die brander
niks is as Ek
jou red
 
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205