DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 37
EK IS die Lig van die wêreld
7 Januarie 2008 om 15;42
MY kleintjies, so baie lê in hierdie woorde; ‘EK IS die Lig van die wêreld’, want EK IS julle Lig. EK het gekom om julle te verlig en al die duisternis uit julle uit te ban. EK sal ewig daar wees vir julle as die Lig van julle bestaan. As julle Waarheid, Lewe en bowenal is EK julle Liefde. Ewig is niemand aan MY gelyk nie, want EK, julle VADER, is julle Lig.
Julle is vonke uit MY Vuur. As julle weet hoe sterk is die liefde diep binne julle wese, sou julle nie getwyfel het nie, julle sou nie ongelowig gewees het nie. Julle sou MY liefgehad het en vas in MY geglo het. Ja, EK sal dit aan julle toon. EK sal aan julle toon hoe lief EK julle het, en EK sal MY Genade vir julle wys. Dit sal julle ontroer. Ja, van MY Liefde begryp julle nog amper niks en baie van julle voel verlore en te sondig om by MY te kom. Ken jy MY nie? Weet jy nie dat EK jou nooit oordeel nie? Jy oordeel jouself.
MY kinders, aanvaar die lesse van MY;
  • Liefde; leer om MY lief te hê en net te doen wat liefde is. Elke gebaar van steun aan ‘n ander persoon, elke goeie daad is liefde as jy dit diep uit jou hart wil doen.
  • Berou; as jy MY woorde hoor, en besef jy het gesondig, moet jy berou hê oor wat jy gedoen het. Berou is dat jy uit jou hart sleg voel oor jou sondes.
  • Geduld; leer geduld aan met ander persone, want jy is ook ‘n sondaar.
  • Moenie dink jy is beter as ‘n alkoholis nie, jy is ‘n sondaar. EK skeer elke sondaar oor dieselfde kam. Geduld kom uit ‘n hart wat die Liefde leer ken het.
  • Barmhartigheid; is om jammer te voel en elke sondaar te wil ophelp. O, MY kinders, vat julle gevalle broers se hande en rig hulle op in MY Liefde!!
  • Ernstigheid; EK vereis dat julle ernstig moet wees dat julle MY WIL dien.
Julle kan nie met MY speel nie. EK weet van elke gevoel in jou hart. EK sal jou nie aanvaar as jy nie ernstig is met MY nie.
Hier is solank vir julle die lesse wat baie belangrik is vir julle groei. Ook moet EK vir julle weer op die hart druk om naasteliefde te betoon!
Bedoel wat julle sê en spreek nie onwaarheid nie. Neem altyd eers die ander se gevoelens in ag, al pyn jou hart. MY kinders, dis Liefde! Dink altyd eers aan ‘n ander persoon se hartseer voor jy aan jou eie dink. EK wil julle sien; vol goddelike eienskappe wat die reënboog in julle harte voltooi sodat dit wit lig maak. Daardeur word julle goddelike wesens, MY kinders; rein en deur en deur vol Lig. Julle word Lig en skyn in ‘n donker en bose wêreld. Daardeur vereer julle MY dag na dag, uur na uur en elke sekonde.
Dit is jy wat ewig sal leef en bestaan in MY en uit MY. Dieselfde Lig.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205