DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 40
Maak jou nie gewend aan plesier nie
7 Januarie 2008 om 17;11
EK wil nou ook julle weer waarsku, MY kleintjies, en EK moet julle oor en oor waarsku omdat julle presies soos kleintjies is. Sny alles wat jou van MY weghou uit jou lewe. EK IS die grootste plesier vir almal wat MY ken en liefhet. Iemand wat MY liefhet, sal nie na plesier gaan soek nie. Hulle soek na reine plesier wat tot lof vir MY is. MY kinders maak graag musiek tot eer van MY Naam.
En plesier is dit vir jou en MY
As die klanke opstyg na MY oor
Plesier is dit vir jou en MY
As jy uit jou hart MY Naam bely
Plesier is dit vir jou en MY
As EK jou opneem in MY RYK
Plesier is dit en meer as plesier
As Ons, Ons hemelse troue vier!
Ja, MY kinders, veral T.V. hou julle weg van MY af, tydskrifte, rekenaars en slegte gewoontes soos rook wat vir jou ‘n plesier is. Van nou af gaan EK hard begin raas, sodat julle dalk nog kan wakker word en die ewige dood kan vryspring.
Geseënd is jy
Wat op MY wag
Jou gee EK nuwe krag
En jy sal alles kan oorwin.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205