DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 42
Die storms van die lewe
18 Januarie 2008 om 13;22
Die storms van die lewe is soms erg en jy word deur die golwe geslaan. Vertrou op MY, dan sal jy nooit omgeslaan word nie. As jy MY liefhet, sal die woeste golwe jou nie van spoor kan bring nie. Julle voel baie keer te moeg om voort te gaan om MY te dien, en die mense veroordeel julle baie. EK IS lief vir julle en veroordeel julle nie. Al gly julle soms, EK gaan haal julle altyd terug en speel met julle soos met klein kindertjies.
Ja, MY liefies, julle moet vasklou aan MY Lig/Liefde. EK vergeet julle nooit. As die lewenstorme woedend om jou slaan en jy gans ontmoedig vrees om te vergaan, weet EK SAL ewig langs jou staan!
EK bemin julle, MY Liefling kindertjies, en al gaan julle deur diep dale, EK gaan haal julle altyd weer terug. EK ontvang elke berouvolle sondaar jubelend terug aan MY VADERBORS. EK IS so lief vir julle en wil deur julle ook bemin word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205