DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 45
EK IS Lewend
20 Januarie 2008 om 20;42
EK IS Lewend, EK het alles deur MY Wil geskape en alles sal deur MY Bloed rein en vry word. Deur die hele oneindigheid klink MY stem, en net sommige van MY kleintjies kan dit hoor. Alles het deur MY Wil ontstaan, die reusesonne, aardes, mane, meteoriete en elke klein dingetjie weet EK van. Elke gedagte van julle ken EK, en EK weet wat nog in julle harte sal opkom.
EK ken elke ding wat bestaan, want EK het dit geskape. En veel groter dinge as dit gaan tot stand kom.
Elke een van julle het EK lank gelede geskape as ‘n engel wese. En julle kon MY nie sien nie, net in julle voel. Toe kom die engel van musiek en stel homself oor julle aan. Hy was sterk en het self die mag gehad om te skape. Hy het ook engelwesens geskape in die begin, maar namate hy van MY weggedryf het, het hy al hoe meer die bose wesens in die lewe geroep. EK het dit toegelaat, want alles geskied volgens ‘n wese se vrye wil.
Lucifer is egter die skepsel en EK die SKEPPER, en hy sal sy knie buig en erken EK IS die Vors van alle vorste en ewig is niemand aan MY gelyk nie. MY klein kindertjies, EK het julle op die aarde geplaas om te leer van MY groot verlossingsdaad, MY dood aan die kruis. MY liefies, dink by julleself dat EK oneindig is, kyk na die sonne en planete, julle is soos nietige stofkorreltjies op die planeet Aarde. Die Aarde is ‘n stofkorreltjie teen die groot oerson, en EK het alles geskape deur MY Mag. Deur MY Wil het alles ontstaan.
Nou sê EK; ‘Laat die Lig van Liefde in julle ontbrand!’
EK roep julle klein, nietige mensies na MY VADERBORS en maak julle weer volmaak deur MY gestorte Bloed. Gryp die kans aan, en kom net na MY.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205