DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 47
MY Verlossing
20 Januarie 2008 om 21;29
Elke een van julle gee EK dieselfde genade van verlossing, want EK het almal kom verlos. (VADER het al aan my gesê dat HY genade aan die mense uitdeel en dat elkeen verskillend kry, omdat elkeen verskillend is. Ons is so individualisties dat HY elkeen anders benader en elkeen gee presies wat elkeen nodig het. Elkeen het ook iets anders nodig. Ons almal is vreeslik kosbaar vir HOM! Maar dat HY almal met dieselfde verlossing verlos het. Dit is die grootste genade. Amen.) Wat jy van MY verlossing dink is jou eie saak. Baie van julle dink dat MY Bloed julle nie kan was nie, omdat julle te sondig is. MY Bloed is gestort en dit oordek die sonde en was dit wit.
Waarlik, al was jou sonde soveel soos die sand op die aarde, al was jou skande voor MY soos purper, MY Bloed sal dit rein was as jy net glo dit kan.
MY Bloed is jou kragtigste wapen, want daardeur word jy rein, daardeur word jy verlos. Dit is jou skild en pantser. Dit is ook die swaard wat jy kan opneem. Dit is die swaard wat die kettings van die sonde afkap en die bose totaal oorwin.
MY Bloed is gestort op Golgota om die Skeppingsmens se groot sonde teen die Heiligheid van EL te was en weg te neem. MY Bloed het gevloei en Ewig sal dit so Kragtig bly soos toe en nou.
Kom, glo in MY Bloed, MY Verlossing, sodat julle gewas kan word en kan vry wees. EK roep julle na MY toe, want EK wil julle was in MY Bloed.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205