DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 48
Waar EK lei moet julle gaan
21 Januarie 2008 om 23;20
EK lei julle op die Betroubare, Reguit WEG van MY Liefde. Soms is EK die Prins of Koning in julle Liefde en soms is EK die Bedelaar wat om ‘n bietjie Liefde smeek. EK hoor elke versugting en gebed, maar EK weet wanneer EK moet ingryp en die gebed beantwoord. MY Weg is Reguit, die Weg van selfverloëning en kruisiging. EK het SELF ook die Weg geloop en EK IS die Weg, die Waarheid en die Lewe.
Wie op MY Weg wandel en in MY Liefde bly, volg waar EK gaan. Hulle word deur MY Liefde gesterk en die Son van Waarheid verlig hulle oë. Die Lig van die Liefde brand in hulle harte.
Ja, MY kleintjies wat hier lees, EK praat van julle en met julle. Volg MY in die sagte Liefdeslig wat EK uitstraal. Volg MY in die vroeë daglig van Liefde, sodat, as die nag daar is, jy in MY Vesting kan rus.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205