DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 52
EK gee julle krag
Woensdag, 06 Februarie 2008 om 10:34
EK gee julle krag
As julle MY verwag
In ‘n hart, rein en skoon
Sal EK vir altyd woon
 
Wie is sonder ‘n fout?
Wie van julle kan oordeel?
MY kinders, wees versigtig
Dit is die Woord wat oordeel
 
Spreek jy ‘n woord van oordeel
Sal dit jou tienvoudig oordeel
 
Wie meet met liefde
Sal nooit geoordeel word nie
Vir jou sal EK gee; Liefde
EK sal jou nie oordeel nie
 
Haal die balk uit jou eie oog
En moet jouself nie verhoog
Jy is netsoos die ander
En dit sal nooit verander
 
Julle almal is net afhanklik
Van MY groot genade
Wat jy doen of dink daarvan
Sal niks daaraan verander
 
Dit is MY groot Liefde vir julle
Dat EK julle uit genade kom red
As julle MY wet
Van die Liefde onderhou
 
MY kinders, aan MY twee gebooie
Hang die hele wet en profete
Doen dit, dan is jy gehoorsaam
Aan MY
Dan sal EK jou aanneem
En jy
Sal saam met MY
Deur die hele wêreld ry
Om almal te red
Al gaan jy net in gees
En sommige in die vlees
 
Wees glad nie bang
Julle sal krag ontvang
En die ou slang
Sal neergewerp word
 
Julle word gehaat
Terwille van MY Naam
Bid tesaam
Vir hulle
 
EK sal almal bevry
En hulle sal knie buig en bely
Dat EK VADER en SKEPPER
Van die ewigheid is
 
MY kinders, ELKE knie SAL buig
En ELKE tong sal bely
ELKE mond sal juig
En julle sal getuig
Hoe liefdevol EK IS
 
Dit is MY groot redddingsplan
Van ewigheid af
Dat EK besluit het om
Die groot gevallene
Terug te bring na MY
Elkeen sal bely
Dat EK almagtig is.
Amen. Amen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205