DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 53
Jou vrye wil
Woensdag, 06 Februarie 2008 om 11:07
Jou vrye wil is vreeslik belangrik, EK respekteer jou wil, jy moet ander persone se vrye wil ook respekteer. As jy jou aan ‘n persoon se vrye wil vergryp, sal jou wil ook weggeneem word en jy sal in diepe duisternis sit. Ook sal jy nie rus hê nie. Laat alles oor aan die vrye wil. Daar is dinge soos reëls, en dit is nodig om orde te handhaaf. Nooit sal ‘n kind van MY opsetlik teen ‘n billike reël optree nie.
EK waarsku julle teen die sonde, maar die verskil tussen MY en ‘n mens is dat EK Liefde gebruik om julle vir MY te wen. Die woorde in engels is; “Positive reinforcement”. Want EK, julle liefdevolle VADER wil julle MY uit Liefde laat dien, en nie omdat julle bang is vir MY nie. Julle hoef nooit bang te wees vir MY nie, want EK verstaan alles. Julle gly, maar EK help julle op. Julle moenie op mense vertrou nie. Almal het nog sondes en nie een is volmaak nie. Nie een van julle het so ‘n sterk geloof in MY as wat julle graag dink nie. EK werk egter met julle en julle sal die geloof kry, as julle MY liefhet.
Julle oordeel baie graag, stop daarmee! Dit is ‘n bevel van MY. Oordeel nie! Jy weet nie wat gaan in ‘n persoon se hart aan en hoekom hy/sy dinge doen nie. EK sê hard en duidelik: ‘Stop om ander te oordeel! Jou oordeel sal jou tienvoudig oordeel!’ Luister NOU.
Julle oordeel en oordeel en bid nie opreg nie, want jy bely nie eers jou eie sonde nie. As jy bid, bely eerste jou eie sonde voor jy vir jou broer/suster se sonde bid. Hou jou weg skoon en suiwer, maar nie EEN van julle doen dit nie. EK nooi en roep julle, maar julle luister nie. Dis die laaste maal dat EK nog oor julle almal se sondes praat voor EK gaan begin straf; klein en groot, oud en jonk moet nou luister. Baas en werknemer, man en vrou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205