DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 54
 
Draai nie af van MY Weg nie
11 Februarie 2008 om 23;35
MY kinders, MY Weg is die Liefde, en EK vra dat julle dit in julle lewe moet toepas. So leer EK vir julle die lesse van geduld.
VADER, ek is self so ongeduldig.
Onthou MY kind, jy het gebid om geduld te leer ken. Gebruik nou die kans. EK herhaal julle woorde, dat julle MY om geduld gebid het en dan stuur EK vir julle persone om julle te toets. Julle faal jammerlik in sommige toetse, as EK nie genadig was nie, sou julle nooit in MY Koninkryk in gekom het nie.
VADER, ek voel nou baie sleg, want ek dink nou hoe verkeerd dit is om my geduld te verloor. U verloor nooit U geduld met my nie. Dit is U Weg om geduld te beoefen met mense. O, nou sien ek ons foute! Daar draai ons elke dag van U Weg af.
MY Weg is die Weg van reine Liefde, om niemand ooit seer te maak nie en altyd die minste te wees.
VADER, ook nou voel ek weer sleg, want ons mense maak mekaar elke dag ongelukkig en seer. Nie net fisies nie, maar geestelik vertrap ons mekaar. Ek sien dit nou.
So gaan EK julle leer, julle moet begin om julle lesse te leer sodat julle die toetse kan slaag. Hoekom leer EK julle dan, om toetse te druip? Nee. EK berei julle voor vir wat gaan gebeur. Begin NOU, en doen jou bes, EK sal jou help om die toetse te slaag.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205