DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 56
Die tyd is naby, en elke kind sal kry wat hy opgegee het
Maandag, 11 Februarie 2008 om 20:59
Julle sal juig
En julle lof sal styg
Na MY VADEROOR
EK sal julle verhoor
En wat julle nou opgee
Sal EK weer vir julle gee
 
Ja, MY kind, wat nou hier lees
Jy hoef geen skeiding te vrees
Van persone wat jy liefhet
Want jy wandel in MY Liefdeswet
EK sal jou geliefdes teruggee
Wat jy nou aan MY opgee
 
EK sal jou die skatte van die hemel gee
Wees net rustig en tevree
Neem nie julle eie lewens
Dit is te kosbaar
Julle lewens
Is wonderbaar, wonderbaar
 
Wonder julle hoekom EK nie dinge doen soos wat julle vra?
Dit is omdat EK weet wat julle kan dra
Wat julle vra
Is nie nou goed vir julle nie
Julle moet eers MY kruis dra
Wat EK weer vir julle dra
Julle moet net MY Liefde vra
Wat is EK aan julle verskuldig?
En hoekom is julle met MY ongeduldig?
EK het die kruis na Golgota
Vir jou gedra
Hoekom wil jy nie ook
‘n las vir MY dra nie?
 
Dink net ‘n bietjie en jy sal sien
Dat julle net in liefde MY moet dien
En net om MY Liefde moet vra
En nie kla
Oor julle ook laste moet dra
 
Julle sal nog juig
Oor die laste wat julle nou dra
Want dit maak julle sterk
Vir die werk
 
Dit maak julle vry
Gebonde met MY
Wat die Vryheid is
In MY sal julle rus
Want julle vrye wil
Word nie geskaad
 
Verstaan julle nie die vryheid nie?
MY kinders, EK IS die Vryheid
En as julle in MY rus
Is julle VRY
En dit sal ewig so bly
 
Die tyd is nou so naby
Julle sal julle nog verbly
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205