DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 58
 Bekommer julle nie
Donderdag, 14 Februarie 2008 om 21:13
Bekommer julle nie meer nie, want bekommernis is ongeloof. EK sal vir julle sorg en EK sal julle bevry van elke las. Ja, MY kleintjies, EK IS en EK sal altyd wees. EK IS daar vir julle. Vertrou op MY en EK sal jou probleme uitsorteer. Kleintjies, as julle weet hoe lief het EK julle, sou julle gewéét het dat EK julle nooit alleen sal laat met julle probleme nie.
Het julle gewonder hoe goed ken EK almal van julle? Het jy al gewonder hoekom kry hierdie skryfkneg van MY net kort hoofstukke? Die antwoord is; sy is aandag afleibaar en kan nie lank stil sit nie. Ook het sy disleksie wat maak dat sy soms stadig skryf. Sy is hiperaktief en weet dit self nie. EK ken elkeen van julle, net soos vir haar. MY ander skryfknegte is nie hiperaktief of aandag afleibaar nie, hulle is gewoon.
EK het begrip vir elkeen, elkeen se swak punte ken EK, en elkeen se werk is anders. Vir hierdie skryfkneg van MY het EK ‘n werk waarvan sy al weet en sy geniet dit om dit uit te voer. Daarom moet sy by jou bly, MY seun. Dit is daar waar sy die werk verrig. Amen daarop, en EK praat nie weer daaroor nie.
Vir elkeen van julle het EK ‘n werk, julle sal dit baie geniet. EK sal vir julle gee wat EK al geweet het EK moet, vandat EK julle geskape het. Julle sal julle verbly, want die werk wat jy gaan kry, of al klaar gekry het, is die werk wat jou gaan pas en waarmee jy gelukkig sal wees.
EK ken die diepste geheime in jou hart en weet wat jou vertroos en weer gelukkig sal maak. Julle wéét nie hoe gelukkig EK julle sal maak nie! Hoe wens EK dat dit alreeds kan gebeur! Maar julle swakheid ken EK, en EK weet julle kan dit nog nie verdra nie. Julle moet eers deur die lesse wat julle leer, sterker word. En MY seun, hoekom vra jy van MY iets wat nog nie kan gebeur nie? Ja, EK IS Almagtig, maar jy is ‘n swak mens en as EK nou met MY Almag ‘n verskil in jou lewe sal maak, is dit die einde van jou bestaan. So wees geduldig en leer nou eers die lesse hier op aarde.
Julle is so kosbaar. EK skenk hierdie gawe van lewe aan julle, want julle kom uit die dal van die dood, julle is so swak, daarom is die aarde ‘n leerskool wat julle sterk genoeg maak, sodat julle MY in julle kan opneem, en MY Almag ook in julle kan werk. Leer net die Liefde se reine weë, sodat jy in MY kan vry word.
Amen. Amen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205