DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 59
Die Weg van Liefde
Donderdag, 14 Februarie 2008 om 21:37
Die Weg van die Liefde is steil
Soos die weg van spies en pyl
Die weg na verderf is
Maar as jy in MY Liefde is
Sal jy in MY rus
Jy sal aflê die aardse boog en pyl
Jy sal hê, die pyl
Van verdraagsaamheid en liefde
Die boog van geluk en oorvloed
 
Doen die werk
Wat EK jou oplê blymoedig
Met vreugde
En wees sterk
Verkwik jou met MY Krag
Elke dag
En jy sal sien
Dat jy MY dien
Dat jy verewig MY dien
Dink nie dat jy vuil werk doen nie, MY kneg
Jy moet hulle in liefde ondersteun
Waarom dink jy het EK jou gekies?
Hoekom moet jy jou nou verknies?
EK IS die EEN wat bevry
En júlle moet vir julle broers
Ook ‘n plekkie in MY RYK laat verkry
Daarom stuur EK julle
Om die mense van die straat te red
Om ook hulle te leer van MY Liefdeswet
Die werk is so belangrik
Want sien
EK het hulle lief
Wat in groot sonde
In die dood gebonde
Op die hoeke van die strate sit
Julle moet vir hulle bid
EK wil hulle optel in MY arm
Sodat hulle warm
Saam met julle MY kan dien
Neem hulle op
Dan neem julle MY op
Amen. MY kinders, Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205