DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 60
‘n Lied
Donderdag, 14 Februarie 2008 om 21:49
MY Liefde so groot
Red julle van die dood
EK sal julle bevry
MY GEES sal julle in Waarheid lei
 
O, as EK julle in MY arms vang
Sal nooit weer bang
En verlore wees
EK skenk oorvloedig MY GEES
 
Dogter van Sion, jy sal sing
Van die verlossing
Deur MY gebring
Sing, sing, sing
 
Ja, loof MY Naam
EK is daar tesaam
Dink nie dat EK julle nie hoor nie
Dit is nie die geval nie
 
Dit is net wat julle voel en dink
Die gras lyk vir julle
Aan die anderkant veel groener
Daardeur oortree julle
 
Want julle is nie tevrede
Met wat EK gee aan julle
Julle doen MY werk met ‘n halwe hart
Dit doen aan MY smart
 
Julle liefde is verkoel
Julle kyk net na die uitslag
Maar nie na die doel
Julle verag daardeur MY Krag
 
En is opstandig teen MY
Daarom laat EK julle soms skade lei
Doen MY werk met vreugde
En laat niks jou ontstel
 
Hoekom ontstel iets jou nog?
Hoekom gee jy jou nie net oor
Aan MY Liefde en Lewe nie
Jy laat jouself verstoor
 
En deur die bose deurboor word
Maak jou eie lewe reg
En leer MY Weg
MY kinders.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205