DIT IS EK WAT BEVRY
MARIETHA NEL

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 7
Gelykenis van MY Liefde
Vrydag, 07 Desember 2007   om 16;14
MY kindertjies, EK wil vir julle ‘n gelykenis vertel. Eendag was daar ‘n man. Hy het baie kinders gehad. En hy het gereeld ‘n boodskapper of boodskappers na al sy kinders gestuur. Die boodskappers is die kinders wat hom opgesoek en gevind het, en toe hulle hom gevind het, altyd by hom gebly het.
Die ander kinders wou nie hulle vader opsoek nie, eerstens omdat hulle nie meer geglo het dat hulle vader leef nie, tweedens omdat hulle hulle eie idees wou volg. Elke kind wat egter die vader opgesoek het, het besluit om by hom te bly. Want dadelik het hulle vader se liefde hulle geraak en hulle het ontbrand van liefde vir hom. Baie van die ander kinders wat hom nie wou opsoek weens die hardheid van hulle harte nie, het in pyn en angs gesterf en het in die materie verdwyn.
Dit het die vader se hart so seer gemaak en trane uit sy oë en in sy hart laat drup. Want hy wou hulle teen sy bors koester.
Die VADER in die storie was EK. Die boodskappers is MY skryfknegte en almal wat MY opgesoek het. Die wat in pyn en angs in die materie verdwyn, is die wat nie wil hoor nie. Dis dit wat MY VADERHART soveel pyn aandoen. Oordeel maar self oor MY Liefde vir julle.
Amen.
Sien julle nou hoe belangrik dit is om die boodskappe sonder ophou te verkondig? MY kinders, bly daarmee besig en verkondig dit wyd en syd. Verkondig dit sodat almal dit kan hoor!
Amen! Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205