VIR DIE BEGINNER. DIE GELYKENISSE VAN JESUS
MARIETHA NEL

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

Hoofstuk 5
Die gelykenis van die saad;
Vrydag, 16 Februarie 2008 om 01:45
Markus 4:26 “En HY het gesê; So is die Koninkryk van Elohim, soos wanneer ‘n adamiet die saad in die Adamah (die adamiet se aarde) gooi;”
Die Koninkryk van die hemele is in die woorde wat julle inneem, in julle harte wat deur die woorde tot Lewe gewek word.
27 “en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot - hoe weet hyself nie.”
Julle beleef periodes waar julle baie na aan MY is en somtyds dryf julle deur julle eie wil weer verder van MY af weg. Maar altyd kom julle weer nader, soos nag en dag is julle tye.
28 “Want vanself bring die Aarde die vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.”
Die Aarde is jou siel en EK laat die koring uitspruit. Die halm is as jy begin ag gee op wat EK sê en geloof begin ontwikkel. Die aar is jou dade en jou bereidwilligheid, wat later ‘n volle koringaar word, dit beteken jy word Een met MY om alles wat EK gedoen het, ook te kan doen en meer nog as dit.
29” En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes klaar daar is.”
As jy wedergebore word, sal jou liggaam vergeestelik, omdat jou siel die volmaaktheid bereik het.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205