VIR DIE BEGINNER. DIE GELYKENISSE VAN JESUS
MARIETHA NEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6.

Hoofstuk 6
Die gelykenis van arbeid in die Wingerd;
Vrydag, 15 Februarie 2008 om 10:05
MY kinders, julle ken almal die gelykenis van die arbeiders in die Wingerd. ‘n Man het vroeg in die more uit gegaan en arbeiders vir sy wingerd gehuur. Hy het met hulle ooreengekom om hulle ‘n penning per dag te betaal. Hulle het uitgegaan en in sy wingerd gewerk.
Weer gaan hy die derde uur uit en sien nog mense daar rondstaan en hy stuur hulle ook in sy wingerd in om te werk en betaal hulle ook ‘n penning. Die sesde en negende uur het hy dieselfde gedoen. En omtrent die elfde uur het hy weer gegaan en nog mense in die wingerd ingestuur.
Toe die tyd daar is, laat roep hy al die arbeiders en gee hulle hulle loon. Die wat die heeldag gewerk het, is ontevrede toe die wat minder as hulle gewerk het, dieselfde loon kry. Die eienaar hoor hulle en vra, ‘Waarom is julle nou ontevrede, ek het julle die loon gegee wat ons oor ooreengekom het.’ Hulle sê vir die eienaar; ‘Die ander het minder geswoeg as ons, ons het die heeldag die las in die hitte gedra’. Die eienaar sê; ‘Ek het julle betaal wat ek gesê het ek sal, wat gaan dit julle aan as ek die wat minder gewerk het as julle, dieselfde loon wil gee? Daarom sal die wat laaste is eerste wees, en baie van die wat eerste is, sal laaste wees.’
MY kinders, in alle tye was daar mense wat bereid was om werk in MY Wingerd te doen. Almal het EK die Ewige Lewe as loon beloof. Julle wat in die eindtyd gewek word, gaan ook dieselfde loon kry as die wat lankal gewek was. Ook julle wat pas die woord begin hoor en neerpen het, sal dieselfde loon ontvang, as die wat al maande vir MY skryf.
Wees nie jaloers op die ander nie, MY kleintjies, sodat julle nie dalk laaste kom nie. Julle wat langer skryf, moenie jaloers word op die wat nou begin het nie, want die een wat MY werk blymoedig doen, met ‘n vrolike hart, sal eerste met MY Een word.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205