DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 11
16 Des. 2007 06:32
Sonder dat julle dit weet het EK julle elkeen wat nou hier lees, nog nooit vergeet nie en julle is nie vir MY vreemdes wat op pad na MY is nie. Julle is al “ou bekendes” vir MY. Geeneen van julle kan daarop roem dat julle nog nooit iets verkeerds gedoen het nie en daarom moet julle so na MY soek om MY te vind. Sou julle heeltemal rein gewees het, sou julle MY al lankal geken het en nie nou so ernstig na MY gevra het nie. EK ken julle al vandat EK julle baie jare gelede geskape het en julle het nie eers tot lewe gekom met julle eerste asemteug hier op aarde nie. Dit weet julle darem nou al teen hierdie tyd, maar daar is ‘n paar dinge wat EK weer wil sê. EK sal julle sê dat julle almal MY engele was wat van My afgedwaal het en dat julle MY baie bedroef het tydens die groot sondeval van die engele. Hier word nie gepraat van die sondeval van die engele met die dogters van die aarde nie. Hier word gepraat van die gevalle engele nog lank voor die skepping van enige materiële aarde. Baie jare gelede het julle afvallig van MY geword en het agter die leuengees van satan aangeloop en MY daardeur baie bedroef. Maar elkeen is vry om te doen wat hy wil en kan daarom sy eie keuses maak. Dit het EK julle ook toegelaat en elkeen van julle het sy keuse gemaak. Daar is baie van julle wat nou hier lees wat die regte keuse gemaak het en nooit van My afvallig geraak het nie. Julle is dan nou weer hier op die aarde as liggeeste om julle broers in die nood by te staan. Omdat julle nooit van MY afvallig geraak het nie, staan julle outomaties nader aan My as al die ander en kan die weg na MY vir hulle duidelik maak deur My Lig in julle. Dit is dan waarom julle hulle moet kom uithelp in hierdie verskriklike duister tyd van die aarde se bestaan. Hier kom nog ‘n groter duisternis en net die wat lig het, sal kan voortwandel tot in MY Vaderarms waar Ek julle sal dra tot in Die Vaderhuis. EK sal julle almal dra en help omdat die wat MY al ken, ook nog self nie genoeg krag daarvoor het nie. Sodra julle een met MY word, sal julle genoeg krag besit, omdat EK julle die hele tyd aansê wat om te doen. MY kinders, julle wat die lig het, wees verseker daarvan dat jy eens uit MY gegaan het om jou broers hier te kom help, sodat hulle weer kan terugkeer na MY, vanwaar hulle eerstens uitgegaan het en vanwaar hulle MY weer verlaat het ook. Dit is julle ligwesens se plig om die gevallenes weer op te help en julle sal dit net met MY hulp gedoen kry. EK alleen kan help en red en sal niemand laat verlore gaan nie, omdat EK julle almal liefhet. Kom soek My Aangesig en EK sal aan jou bekend maak wie jy was en wat jou doel hier is. Dit sal in alle nederigheid moet geskied, omdat satan die hoogmoed gebruik om julle af te takel en onbruikbaar vir MY te maak. Kom vra MY in alle nederigheid of EK nie ook met jou sal praat nie en EK sál met jou ook praat. Maar dit moet ‘n begeerte in jou hart wees om MY Stem te hoor en nie net omdat jy die toekoms wil weet nie. Dit is heel onaanvaarbaar vir My en EK voorspel nie die toekoms soos ‘n fortuinvoorspeller nie. EK het al die gevare daarvan aan ‘n ander skryfkneg openbaar en sal nie weer verder daarop uitwei nie. EK wil julle slegs versterk en daarom wys EK julle ‘n paar dinge. EK weet ook wie wat kan dra en daarom wys EK net dit aan die een wat EK kies om dit mee te deel. Kom soek My Aangesig en niks sal meer vir julle onbekend wees nie. Julle sal alles verstaan en vrede daarmee maak, sodat selfs die grootste duisternis vir jou helder daglig sal wees. Dit is My wil dat sekere dinge aan julle geopenbaar word en hoe meer julle geestelik groei, hoe meer sal julle kan verdra en sal dit dan aan julle duidelik gemaak word. Glo net hierdie woorde van MY en wees nie bevrees nie. Dit sal alles vir die beste wees, al is dit iets baie ontstellends wat aan julle bekend gemaak word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205