DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 12
17 Des. 2007 06:31
Julle almal wat MY Woord lees en dit aanneem sal ryklik deur My geseën word en julle sal nie kan glo wat EK julle sal gee, net omdat julle My Woorde dadelik geglo het nie. Vir die gelowige het Ek ‘n baie spesiale iets berei en die ongelowiges sal baie spyt wees wanneer hulle sien dat EK julle so seën met iets wat hulle ook met hulle hele hart sal begeer, maar nie kan kry nie. Daarom sê EK dat julle moet glo sonder om te twyfel en dat julle elke woord van My moet opeet soos brood met heuning besmeer. Vat nie MY woorde ligtelik op nie, want die een wat dit doen, sal ook ligtelik deur MY opgevat word. Hoe groot moet die teleurstelling wees wanneer jy sien dat EK jou broeders om jou met aandag betrag en met aandag luister na wat hulle sê en jy voel dat jy sommer net daar is. Dit sal vir jou vreeslik wees en daarom maan EK dat jy nie MY woorde ligtelik moet opvat nie. Alles wat EK sê beteken vir julle geweldig baie en EK sê nooit net ‘n ding om jou te laat lekker voel nie. EK bedoel elke woord wat Ek sê en julle moet dit glo. Julle glo My woorde, maar baie daarvan word nie te ernstig opgeneem nie. Luister met aandag na wat EK julle wil inskerp en dit sal vir julle oneindig baie beteken. Die dinge waarvan EK aanhoudend praat, word aan julle vertel omdat dit nou die regte tyd daarvoor is en nie omdat EK julle wil bangmaak nie. Hoe sal dit wees as EK julle niks vooraf sou sê nie en julle ewe skielik deur die swart hordes oorval word. Hoe sal julle staande kan bly terwyl ander om jou val? Die geloofstryd wat nog voorlê, is nog baie erger as wat julle nou te wagte staan in julle land en julle sal dit nooit maak en kragtig vir My kan opstaan, as EK julle nie voor die tyd sodanig versterk dat julle die stryd met moed kan ingaan nie. My kinders, julle lewe aan die einde van tye! Glo dit nou. Daar is nie meer 100 jaar vir die aarde oor nie. Moenie dink dat dit sal gebeur in volgende geslagte nie. Dit gaan nóu begin gebeur en elkeen van julle wat nou hier lees sál dit deurmaak. EK gee nooit tye nie, maar EK sê nou vir julle dat julle solank julle wapenrusting moet deurgaan en kyk of daar nie iets kort nie, want die geveg is op hande. Trek jou wapenrusting nóu aan, want die vyand is al hier en julle kan nie nog langer wag nie. EK sal julle red uit alle gevare, maar die een wat sonder sy wapenrusting onkant gevang word, sal nie deur MY beskerm kan word nie, omdat hy nie wou hoor nie. Luister na wat EK sê en gee aandag. Doen wat EK julle sê, sodat julle bevry kan word van al die aardse bande. Luister, MY kinders, EK maan julle tot gehoorsaamheid en vra dat julle MY in alle dinge moet vra voor julle iets doen. Baie dinge lyk reg, maar is heeltemal verkeerd. Baie keer is die tyd daarvoor net nie reg nie en daarom moet julle luister na MY stem, sodat julle presies kan weet wat julle te doen staan. Dit maan EK julle; wees getrou op julle poste, luister na MY woorde en volg My na. Weeg MY woorde in jou binneste af en laat dit swaar bevind word, sodat jy gered kan word en die grootste van alles - wees vir My lief met jou hele hart en siel en alles binne jou en jy sal nooit verkeerd gaan nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205