DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 15
18 Des.2007   06:40 
Elke een van julle is kosbaar in My oë en Ek wil elke een van julle by die hand vat en in My tuin in lei. Dit sal vir elkeen van julle ‘n wonderlike ondervinding wees en sodra julle verstaan wat EK bedoel, sal julle dit meer en meer van My vra totdat julle in ‘n ander sfeer leef, al is julle in ‘n aardse liggaam. Dit het My skryfkneg nou net beleef en sy is heeltemal bevry van haar aardse liggaam, al leef sy nog hier op aarde. Dink aan My sonder ophou en EK sal julle soos klein kindertjies oor die growwe terrein van julle eie binneste help. Julle is almal soos klein kindertjies wat nou eers leer om te loop en sal nie self regkom nie. EK sal julle by die handjies vat en julle aanspoor om na MY te kom, net soos wat jy met ‘n eenjarige doen wat nog sonder selfvertroue probeer loop. EK het haar by die hand gevat en met haar gepraat en sy het na My gestap sonder om te wankel, omdat EK haar bygestaan het. Hoe praat jy met ‘n kleintjie wat leer loop? Met sagte woordjies en met ‘n vriendelike stem wat aanmoedig. Net so het EK met MY skryfkneg gepraat en haar aangemoedig totdat sy in My arms in kon loop. Sy het later nie eers besef dat sy self loop nie en EK moes dit aan haar sê. En tot haar groot verbasing het sy besef dat sy werklik al self kan loop. Dit klink vir julle baie vreemd en julle weet nie waaroor hierdie stuk handel nie, maar Ek het ‘n doel met alles en ook hiermee. EK wil julle almal so na MY trek en julle leer om self te loop na MY, julle Vader, wat julle nooit sal verlaat nie. My skryfkneg het baie sleg gevoel en sonder geloof. Sy het gevoel dat sy niks werd is nie en dat sy dit nooit tot by MY sal maak nie. EK het haar egter aangesê om op MY te konsentreer en baie hard aan MY te dink, al word sy moeg. Sy het dit gedoen en later gevoel dat sy nie meer kan nie. Op daardie oomblik het EK haar tegemoet gekom en haar handjies gevat terwyl sy soos ‘n klein kindjie na MY geroep het. EK het haar met liefde na MY getrek en haar met Vaderliefde aangemoedig tot sy om haar kon sien en kon besef dat sy werklik na MY op pad was. Op daardie oomblik het EK haar alleen laat stap en dit ook aan haar gesê, wat sy met verbasing toe besef het. EK het aan haar pragtige dinge gewys en sy voel so versterk daardeur. Ook het Ek aan haar gesê dat sy hierdie oefening gereeld moet herhaal, totdat haar geestelike oog heeltemal geopen word. Dit sal EK vir elkeen van julle doen en julle sal ook na MY stap terwyl EK julle handjies vashou, MY kleine kindertjies. Gee julleself heeltemal aan My oor en vrees niks, want EK alleen is met julle. EK sal julle veilig lei en julle nooit los nie. Selfs al los EK jou dat jy besef jy loop self, is EK nog steeds die hele tyd in jou nabyheid en jy sal MY kan aanraak as jy net jou hand uitsteek. Dit is om julle te leer om julle geestesoë oop te maak, sodat julle alles om julle kan waarneem soos wat dit is. Dit sal ook die eenwording met My bespoedig, as julle julleself baie daarin beoefen. Dit word aan elkeen van julle gesê, omdat julle nog klein in die geloof is. Julle is nog heel onvolwasse in die geloof en moet daarom deur MY aangemoedig word om tot geloof en liefde oor te gaan. Gee jou handjie sodat EK jou kan vashou en oor die klipperige gebiede kan help en jy deur My gedra kan word. EK het haar opgetel die oomblik toe sy met volle oorgawe aan My begin aanstap het na MY en in MY arms in kon spring. Leer dit ook vir julle kinders dat hulle nie moet dink omdat hulle liggame groot word, hulle self groot is nie. Julle is nog almal baie klein en moet deur MY opgepas en versorg word. Niemand is al in staat om die werklike vaste voedsel te eet nie en dit sal nog ‘n tydjie wees voordat MY skryfkneg, wat alreeds hierdie groot stap gedoen het, dit self kan eet. Dink net altyd aan My en vra dat EK hierdie gebeurtenis in jou lewe ook volbring.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205