DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 17
19 Des.2007 06:55
Vir die van julle wat nou niks van die vorige hoofstuk verstaan het nie wil EK sê;wees nie bekommerd daaroor nie. EK sal julle nog oral lei waar julle heen wil gaan maar nie weet hoe om daar te kom nie. Volg MY net met jou hart en wees vir MY lief sonder ophou. EK sal niemand verlaat wat iets nie verstaan nie. Julle dink en voel soms dat julle heeltemal nikswerd is omdat dit voel of jy nie geestelik groei nie. Niks is verder van die waarheid verwyder as juis dit nie. Elkeen is baie kosbaar in MY oë omdat EK elkeen gemaak het soos wat EK hom/haar graag wil hê en EK weet tot wat elkeen in staat is. As jy voel dat jy nie geestelik groei nie is dit juis ‘n aanduiding van groei omdat jy besef dinge is nie soos wat jy dit graag wil hê nie. Jy doen dan selfondersoek en vind miskien iets wat verkeerd is. Dan kom jy na MY en kom smeek MY om hulp. Is dit nie hoe dit moet wees nie? Dis nie te sê dat elkeen dieselfde moet wees sodat jy jouself aan ander kan meet om te sien hoe ver jy al gevorder het nie Elke mens is verskillend van die ander en sal anders deur MY geleer word. MY woorde wat uitgaan sal dieselfde bly, maar in elkeen se hart gaan EK anders te werk. Moenie bekommerd wees as jy nog nie MY stem in jou binneste kan hoor nie! Soek net aanhoudend na MY en jy sál MY op die regte tyd kan hoor. EK werk net op ‘n ander manier met jou en sal jou nooit vergeet nie. Nie een van MY kindertjies sal vergete agterbly nie. Glo MY woorde en kom soek na MY sodat EK jou alles kan leer. EK het julle so lief en hiermee wil EK hierdie hoofstuk afsluit.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205