DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 19
20 Des.2007 06:43
Die wat op MY wag kry nuwe krag. Hulle vaar op met vleuels soos die arende om hulle prooi na MY te bring. Hulle eet MY Brood uit My Hande en sal nooit moeg of mat raak nie. Hulle verrig MY werk op aarde sonder vrees, omdat hulle roofvoëls vir MY is. Hulle vang mense vir MY en bring hulle na MY waar Ek hulle weer tot lewe wek. Geen wêreldse roofvoël is hulle nie. Hulle is van hemelse afkoms en daarom is hulle nie deel van hierdie aarde nie. Hulle is op die aarde, maar nie van die aarde nie. Dink net aan MY dissipels op aarde. EK het hulle vissers genoem en bly het hulle uitgegaan, volkome met MY krag vervul, en gaan visse vang vir MY, hulle Koning waarvoor hulle so lief was. Nou stuur Ek julle ook om vis te gaan vang vir MY en EK vra dat julle na MY sal kom, sodat EK julle tot arende kan maak wat hoog bo alle wêreldse gemors uitsweef. Sweef daarbo sodat julle met wyd oopgesperde oë julle prooi van bo af sal sien en net soos ‘n arend sal julle dan op hulle neerduik om hom/haar sagkens op te tel en na My te bring. Julle sal in alle liefde handel en niemand daardeur skaad nie. Dit is hoe EK julle wil uitstuur, MY geliefde kinders en EK wil julle inderhaas uitstuur omdat die tyd ontsettend min is. Haas julle na MY sodat EK julle van bo kan wys wie julle volgende prooi moet wees. Julle sal net die bring wie EK julle aanwys. Glo net dat jy ook vir MY ‘n arend kan wees en kom verklaar jouself bereid om op die vleuels van die Wind uit te gaan, op soek na prooi. Bring hulle vir MY, sodat EK hulle tot lewe kan wek en hulle saam met julle kan vlieg. EK het julle lief, MY kinders en wil aan elkeen van julle MY vlerke toerus sodat julle julle werk vir MY kan doen. Dit is julle taak op aarde om julle broers en susters te kom help en by te staan in die tyd wat kom. Julle sal hulle op julle rûe dra en hulle na MY bring waar hulle deur MY gehelp sal word. EK sal hulle tot lewe wek en hulle sal MY herken en bly wees dat julle hulle gevang het. Vertrou alles net aan MY toe en wees vrolik en sonder vrees soos ‘n arend. Styg uit tot hoog bo alles en vertrou net op MY om julle aan te wys wie julle vir MY moet “vang”. Dit is julle taak hier op aarde, MY kinders, wat deur MY aan julle opgedra is en wat julle moet verrig sonder om bang te wees. Het jy al enige vrees in die oë van ‘n arend gesien? Nee, sy oë is wakker en altyd na bo gerig as hy onder sit en altyd na onder gerig as hy daarbo vlieg. Hy is altyd op soek na iets om te eet en van dit dan na sy kuikens wat op hom wag. Maar anders as die aardse arend, wat sy prooi deurboor met sy skerp naels, sal julle sagkens met julle prooi te werk gaan en hulle na MY bring waar hulle nie opgevreet sal word nie, maar tot lewe gewek sal word met liefde. Julle oë moet sag wees en met liefde moet julle te werk gaan. Net soos wat Ek in die vorige hoofstuk gesê het, is die weg wat julle moet volg, die liefde vir MY en julle naaste. Dit sal julle oë (geestesoë) skerp maak om te sien en julle oë sal soos die arend se oë uiters goed wees. Dink oor hierdie stuk brood na en kom bied jouself aan as ‘n arend vir MY .
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205