DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 25
23 Des. 2007 06:40
Jahshua dra my in SY arms en ons loop deur ‘n verskriklike grys vlaag wind, amper soos wat ek dink dit in die middel van ‘n tornado moet lyk as jy daar kon loop. Die wind is ontsettend en waai alles in sy pad summier plat. Maar ek en Jahshua loop daar rond sonder dat daar eers ‘n haartjie verroer. HY vra my of ek deur die wind geaffekteer word en ek sê nee. HY sê dat ek net in SY gesig moet kyk. Ek is glad nie bang nie. Toe is ons skielik op ‘n stuk pragtige groen gras en HY speel met my op die gras. Ek sit op SY skoot en HY sê MY dat dit binnekort in my lewe so gaan wees soos die tornado en dat daar verskriklike dinge gaan gebeur. HY sê dat dit die dinge in die land gaan wees wat baie erg gaan word maar dat ek net in SY gesig moet kyk en niks sal gebeur met my nie. HY sal my krag gee.
 
VADER dikteer aan my die volgende:
Wees nie bevrees, MY kindertjies. Soos wat EK MY skryfkneg op die arms gedra het, so sal EK elkeen van julle dra terwyl die woeste stormwinde om julle slaan. Veilig in MY arms sal EK julle dra, sodat julle hare nie eers deurmekaar waai nie. EK gee julle die vertroosting sodat julle kan weet dat EK met julle is, want die tyd is nie meer lank nie en julle sal met ‘n skielike slag besef dat die dinge begin het. Moenie bang wees nie. EK is met julle. EK behoed julle en bewaar julle, sodat julle niks sal oorkom nie. Om julle sal dood en verwoesting wees, maar kyk nie daarna nie, anders sal julle nie kan staande bly nie. Kyk reg in MY Aangesig vas en glo onwrikbaar en julle sal heel anderkant uitkom. EK sal julle vergader en by julle wees waar EK in julle midde sal rondwandel en met julle sal speel en julle leer. Merk MY Woorde, MY geliefde kinders, EK sal tussen julle rondloop en julle versterk soos wat julle mekaar sien. Maar eers sal die ontsettende “wind “ kom en sal alles in sy pad verwoes, behalwe MYNE wat op MY vertrou. EK sal julle krag gee om alles te verdra wat op julle pad kom en sonder vrees sal julle verder gaan. Maar die groot ding wat julle moet hê is LIEFDE. EK is LIEFDE en as julle LIEFDE het, dan het julle MY, nê? Nou waarom sal julle dan vrees as julle die Skepper van die wind het wat julle ronddra en wat die wind gebied? Niemand wat deur MY gedra word, hoef enigiets te vrees nie en sal veilig aan die ander kant uitkom waar hy gelukkig soos ‘n kind met MY sal speel. Dit is MY Woorde aan julle wat binnekort in die yslike wind gaan loop, saam met MY wat julle dra.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205