DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 28
25 Des.2007 21:00
Jahshua praat met my en ek sien ‘n man aan my regterkant aangestap kom. Dit is ‘n baie groot man en Jahshua sê dat dit Dawid is. Ek moet saam met Dawid gaan, want hy moet my iets wys. Ek wil eers nie, maar Jahshua sê dat HY ook saam sal gaan. Dawid tel my op en loop baie vinnig en gee sulke lang treë, sommer bo-oor die see en berge tot ons by ‘n hoë berg kom met ‘n baie mooi uitsig. Ek kyk af na onder, maar daar is net mis wat die dal onder ons bedek. Die mis klaar op en ek sien ‘n groot stad wat daar onder op ‘n vlakte lê. Dawid sê dat dit die “stad van Dawid” is. Hy vra my of ek die “ster van Dawid” kan sien. Ek sien bo-op die stad is die ster van Dawid - amper soos ‘n brandmerk oor alles. Hy sê dat ek moet oplet na die kleur van die ster. Die ster is pikswart en Dawid sê dat die stad sy heerlikheid verloor het, omdat Vader nie daar is nie. Ook is SY volk nie meer daar nie. Hy wys aan my die Suide van Afrika en ek sien dat die ‘Ster van Dawid’ oor Suid-Afrika “gebrandmerk” is en ek sien dat die ster blink soos ‘n pêrel. Dawid sê dat Vader se volk hier is en dat Vader se Gees hier is, daarom blink die ster so. Hy wys my in die weste ‘n hart wat klop en sê dat almal daar vergader sal word. Hy sê dat die hart die vergaderplek van die liefde is en dat ons Vader se groot liefde is en daarom sal HY ons by die hart vergader. Ek sien dat die hart daar in die pragtige hart verander wat ek in ‘n vorige gesig (huwelik met Sion) gesien het. Daar vind die huwelik met Vader tussen SY volk ook plaas.
26 Des.2007 06:20
Jahshua vat my weer na die berg waarop ek gestaan het saam met Dawid en HY wys my die stad van Dawid met die swart Dawidster op. In die lug bo-oor die stad hang ‘n vraagteken. Vader sê dat dit beteken die mense wonder nog of dit Vader se volk is wat daar bly of nie. Hy wys my toe weer die Suide van Afrika waar ek ook die Dawidsteken gesien het, maar wat hierdie keer blink. Vader sê dat SY ware volkie hier is en dat HY vir ons wat hier is, sal kom. HY sê ook dat HY hierdie wete nog altyd in my binneste gegee het, vandat ek klein was.
 
Vader dikteer: EK het julle, MY volk, nog altyd met liefde getrek. Met koorde van liefde het EK julle na MY getrek sodat julle almal van jongs af geweet het dat julle MY uitverkorenes is. EK sal julle ook nou dit wéer sê, omdat EK julle liefhet en julle nie sal laat gaan nie, al het julle in julle blindheid baie foute gemaak en vreeslik teen MY gesondig. EK sal julle uitred uit alle gevaar en sal julle nie verlaat in julle uur van nood nie. Klou krampagtig aan MY Woorde van Verlossing vas en julle sal die son sien skyn na jare se onweer. Moenie bekommerd wees oor die planne van die hordes nie, omdat EK MY nie aan hulle steur nie. Doen net wat EK doen. Sien julle dat EK bevrees is of bekommerd? Baie van julle kan aanvoel dat daar bose planne gesmee word, maar EK wil julle gerusstel. Vrees nie en bly in MY. Gee alles in MY hande oor en EK sal met hulle afreken. Luister na MY stem as EK julle iets beveel, omdat daar ‘n tyd gaan kom, en dit is nie meer vêr nie, dat julle nie meer so rustig soos nou gaan kan lewe nie. Julle sal openlik aangeval word , maar niks oorkom nie, omdat EK met MY reddende regterhand na julle sal kom en julle uit alle gevare uit red. Daar was ‘n vrou met die naam Liesbet Pieterse. In die tyd van oorlog het sy alleen by haar huis gebly, omdat haar man gaan veg het. Dit was in die tyd van die Bosoorlog. Hy was weg vir ‘n paar maande en sy het alleen op hulle plaas gebly waar sy die boerdery moes hanteer. Sy was nog baie jonk op daardie stadium en moes plaaswerkies doen en die werkers opdragte gee. Op ‘n dag het sy agtergekom dat die plaaswerkers snaaks optree en het nie geweet wat om daarvan te maak nie. Hulle was laks en wou nie werk nie. Sy het toe maar self ingespring en dinge gedoen, aangesien hulle ook toe sommer van die werk af weggebly het. Sy het dit in haar hart aan MY opgedra en aangegaan met haar dagtaak. Op ‘n dag bemerk sy dat alles doodstil is op haar plaas en voel aan dat daar bedreiging is. Sy vat toe die geweer en besluit om te gaan ondersoek instel. By die groot tabakskuur is sy skielik van agter af oorval en die aanvaller het probeer om die wapen van haar af te neem. Sy plan was om haar van kant te maak en die huis op sy tyd te beroof. Maar hy het nie geweet dat EK haar bygestaan het nie en was baie verbouereerd toe hy skielik ‘n reus van ‘n man gewaar wat op hom afkom. Hy het omgedraai en weggehardloop. Telkens het hy omgekyk en gesien dat hy nie van hierdie man af kan wegkom nie. EK het direk agter hom gebly, sonder om aan hom te raak. Hy kon die gesig van ‘n baie kwaai man waarneem wat die hele tyd reg agter hom gebly het. Vir hom het dit gelyk of die man wat hom agtervolg, vlieg. EK het hom so gejaag tot hy in die teerpad gekom het en sonder om te kyk is hy reg voor ‘n aankomende voertuig in wat hom platgery het. Dit was die einde van Liesbet Pieterse se vyand en daar was baie stories in omloop oor wat daar nou regtig gebeur het. MY kinders, dit is maar een van die miljoene kere waar EK een van MY kinders uit groot gevaar uitgered het en daarom sê EK; vrees niks. EK is in beheer en sal nie een van MY kinders laat omkom aan hulle hande nie. Hulle het julle al baie sleg behandel en vertrap. Daar sal nou ‘n einde aan gemaak word deur MY, julle Verlosser en Vader. Gaan julle gang en onthou, EK alleen is in beheer, al dreig hulle dat die spoeg so spat.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205