DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 3
13 Des. 2007 04:54
Julle lewe in ‘n tyd waar elke mens net na homself omsien. Die meeste mense gaan hulle gang sonder om eers twee keer te dink aan die mense om hom. Bure sal omkom van die honger sonder dat die een van die ander se lyding weet. Die illusie van “elkeen vir homself” is die volgende waarvan EK julle wil bevry . In MY skepping werk dit hoegenaamd nie so nie. Sekere spesies diere lewe wel op die oog af so en dit lyk of die diere hulle nie aan mekaar steur nie, maar in der waarheid ondersteun hulle mekaar baie sterk. Net omdat die een nie die ander te hulp snel as hy deur ‘n roofdier aangeval word, beteken nie dat hulle mekaar nie ondersteun nie. Vir die mens in sy blindheid lyk dit wel so. Neem nou maar ‘n trop Sebras met ‘n jagluiperd. Almal sal verwilderd rondhardloop en die hasepad kies sodra hulle besef hier is nou iets wat hulle wil vang en vreet, maar elkeen weet dat dit nou tyd geword het vir een om verder te gaan, en daarom sal hulle dadelik stil gaan staan nadat daar een gevang is. In die binnekant van daardie Sebras raak dit baie vinnig stil en sal hulle weer ongestoord verder vreet tot daar weer ‘n bedreiging kom. Dit lyk of hulle maar net te bly is om weer verder te vreet en dit lyk of hulle nie eers weer dink aan hulle verlore maat nie. In MY orde in MY skepping werk dit bietjie anders as die mens en daarom lyk dit of hulle maar net aangaan sonder om mekaar te help. Wat inderwaarheid gebeur, is dat die ander wat oorgebly het, sorg dat hulle nader aan mekaar kom, sodat hulle mekaar kan beskerm deur die verwarrende strepe op hulle liggame. ‘n Roofdier sal dan nie maklik kan onderskei tussen hulle nie. Die ander “ongelukkige” sebra sal dan verder gaan in die sielewêreld en hom verenig met ‘n ander diersoort sonder om eers bewus te wees van sy vorige bestaan. Ons sebratrop sal ook verder gaan, wetende dat hulle nie vir ewig sal lewe nie en hulle sal op die uitkyk wees vir die volgende roofdier wat op hulle afkom. Net omdat die ander nie daardie ongelukkige sebra te hulp gesnel het nie, beteken nie dat hulle nie bymekaar staan nie. Kom laat EK julle verduidelik hoedat hulle mekaar ondersteun. In die sebragroep is daar hingste en merries en ook vulletjies. As julle kan onderskei tussen hulle op so ‘n groot afstand en tussen so ‘n mengelmoes sal julle agterkom dat sekeres tussen die vulletjies bly, die hele tyd. Selfs as daar bedreiging is , sal sekeres die hele tyd wees waar die meeste vulletjies is en sodoende probeer om hulle dop te hou en in ‘n mate te beskerm. Daar is dan ook ander wat net vervaard weghardloop, omdat dit nie hulle beurt is om na die kleintjies om te sien nie. Al kan hulle eintlik niks doen om die kleintjies te beskerm nie, en word daar tog ook kleintjies gevang, sal hulle tog op hulle poste wees om na die kleintjies te kyk. Die kleintjies hardloop ook wel deurmekaar rond en is tussen die grotes, maar daar is merries wat hulle met ‘n valkoog dophou. Daar is ook sekere ordes wat onder hulle heers om die voortbestaan van die spesie te verseker. Hulle is in hulle lae vlak baie meer besorg oor mekaar as die mens met sy vêr ontwikkelde verstand. Dit is waar die mens ondergeskik aan die diere raak. Die dier kan niks meer doen as wat EK aan hom gegee het om te doen nie, maar die mense het ‘n vrye wil en kan kom en gaan soos hy wil. Dit stel hom in staat om ander te kan help en uit te reik na sy naaste wat minder het as hy. Die mense is nie veel gepla om onder mekaar in te gaan en hulleself te verseker dat almal genoeg het nie. Dit is waarom sekeres baie meer het as ander en daar selfs mense is wat van die honger sterf. Julle sal nou sê dat julle nog nie iemand sien sterf het van honger nie, maar EK sê aan julle dat daar wel mense is wat van honger gesterf het. Hulle is tussen julle gewees en was te skaam om te kom vra. Daar is ook mense met ‘n broodgebrek wat net-net oorleef. Sulke mense sterf ook stadig maar seker, omdat hulle nie alles inneem wat hulle werklik nodig het om gesond te bly nie. Daar is baie van die laaste groep onder julle volk. Gaan uit in die strate en julle sal dit raaksien. EK sal julle oë oopmaak sodat julle diesulkes sal kan herken. As almal na mekaar kyk en mekaar ondersteun soos wat sommige diere doen, sal daar baie minder probleme wees. Daar is so baie gebroke huisgesinne met kinders wat absoluut niks het nie. MY kinders, gaan help julle naaste in die nood en julle sal sien hoedat EK julle seën sodat julle sonder gebrek weer en weer aan hulle kan gee. Gaan help jou eie volk en moenie jou brood aan die ander gee nie. EK het sekere mense op jou pad gebring sodat julle mekaar soos broers en susters kan liefkry en bystaan. Kom vra MY en EK sal aan jou bekend maak na wie jy moet gaan sodat jy hulle kan help. Baie mense is trots en sal nooit kom vra nie. Hulle ken My dan ook nie sodanig dat hulle net op MY vertrou nie en het dan My hulp deur julle nodig. Julle moet hulle help en dan ook MY Woord aan hulle gee om te eet. Julle wat MY ken sal weet dat julle nie self na ander mense moet gaan om hulp nie. As jy wat hier lees self ‘n gebrek aan iets het, moet jy MY self kom vra en Ek sal aan jou gee wat en wanneer jy dit nodig het. Moenie op ander staatmaak nie, Ek sal jou help. EK sal jou ook help deurdat EK iemand op jou pad stuur met dit wat jy nodig het, maar dit is nog steeds Ek wat jou help. Moenie jou lot by ander gaan bekla nie, kom lê dit aan My voor en EK sal weet wat om te doen. Gaan uit na ander wat MY nie ken en nie weet hoe om MY te vra vir dit wat hulle nodig het nie en help hulle sodat hulle MY ook kan leer ken en hulle op MY sal steun vir hulp. EK help werklik op die beste maniere en baie kan getuig van MY werksaamheid, waar hulle niks aan ‘n ander gesê het van hulle gebrek nie, en iemand by hulle kom aanklop het met dit wat hulle op daardie oomblik broodnodig gehad het. Dit is waarom EK sê dat julle mekaar en My moet liefhê sodat EK alles ten goede kan laat meewerk. EK sal oral help waar EK gevra word en julle moet mekaar ook in liefde help. Wees geduldig is tye van siekte en armoede en EK sál uitred. Daar is niemand wat na julle omsien soos EK nie en die armoede wat baie keer onder julle heers is ook sorg van MY kant af vir julle siele. Om altyd alles te hê wat julle nodig het, is ook nie so goed vir julle siele soos wat julle dink nie, en daarom moet EK julle soms ook sonder dinge laat gaan, sodat julle geleer word en ook gereinig word. Kyk ‘n bietjie terug op jou lewe en jy sal sien hoedat EK jou gehelp het tydens jou swaarkry, en jy sal ‘n wonderlike getuienis kan lewer van MY hulp. As jy alles gehad het wat jy begeer, sou jy MY kom vra het vir hulp?Sou jy aan ander kon vertel hoedat EK jou gehelp het? Nee, jy sou op jou eie rykdomme staatgemaak het en MY nie eers geken het nie. Baie kan getuig hoedat EK hulle van die straat afgehaal het en gehelp het. Hulle kan van MY Grote Liefde getuig wat hulle omvou het en van hulle ander mense gemaak het. EK gebruik die wat hulle as werktuie in MY Hande gee om ander te help. Kom gee jouself aan MY oor as ‘n werktuig sodat jy ook ander mense kan gaan help.EK het jou hande nodig om vir MY arbeid te verrig en jy sal ryklik daarvoor geseën word in MY ryk hierna. Dit belowe EK aan almal wat MY liefhet en MY en sy naaste wil dien. Wees diensknegte en moenie heersers wil wees nie. Wees nederig sodat EK jou kan gebruik, omdat hoogmoed jou bedorwe maak en EK niks met jou kan uitrig nie. Dit is al wat EK vandag aan julle wil sê. Dink hieroor na en kom na MY sodat jy ook ander om jou kan help.
Amen
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205