DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 35
29 Des. 2007 07:03
Ek is weer op ‘n grasvlakte en Jahshua sê ek moet in die verte kyk wat daar oor ‘n heuwel aankom. Ek sien dit is ‘n man wat vinnig aankom en reguit na Jahshua loop. Hy is vreeslik bly om HOM te sien en Jahshua druk hom vas terwyl die man sê: ”My Jahshua!” Jahshua wys my dat daar nog mense oor die bult kom en ook reguit na HOM kom en HY omhels almal en verwelkom hulle daar. Ek sien bekendes onder hulle. HY sê: “Kom MY kinders, EK vat julle na julle ryk.” Die mense loop saam met Jahshua tot by ‘n muur met ‘n poort. Die deure van die poort swaai self oop toe hulle daar naby kom. Dit is deure van liefde. Die man wat eerste daar was, gaan saam met Jahshua in en daar is uitroepe van lof terwyl almal na alles kyk. Daar staan ‘n tafel wat met koningskos gedek is en elkeen kry ‘n kroon.
 
Vader dikteer:
Julle wat vir MY op aarde gaan ly, sal ‘n eie spesiale plek in MY koninkryk kry. EK sal julle almal by die hand vat en binne-in lei. Julle sal verstom en bly wees omdat julle vergoed sal word vir elke bietjie lyding wat julle deurgemaak het. EK sal julle gee wat julle nooit verwag het nie en julle sal julle in MY verbly, want EK het julle buitengewoon lief en sal julle alles gee, net omdat julle vir MY gely het en MY bely het. Vrees nie die bose nie, want hulle kan julle nie uit MY hand uitruk nie. Die bose sal waaragtig probeer, maar sal niks met julle kan uitrig nie. MY hand is die hele tyd daar om julle te beskerm. Gee alles aan MY oor en moenie aan jou aardse lewe vasklou nie, omdat dit vir jou niks werd is nie. Julle sal almal die ewige lewe beërf en by MY kan wees vir ewig. Daar sal ‘n man wees wat julle voorgaan in julle ryk en hy sal ook MY voorloper op aarde wees. Hy sal julle vooruitgaan en eerste by MY wees. EK sal hom met buitengewone krag ondersteun, omdat hy ‘n baie swaar pad het om te loop vir MY. Hy sal MY wederkoms vooruit gaan. Hy sal verkondig dat die tyd baie min is en die mense sal hulle vir hom vererg. Hy sal baie siele na MY lei maar self sal hy omkom aan die hande van die slegte mense wat MY haat. Hulle sal egter sy siel niks skade kan aandoen nie en voor almal sal hy hom by MY kom skaar in die hiernamaals. Hy sal julle almal aanspoor om nie moed te verloor nie en hy sal julle met buitengewone krag, wat hy van MY ontvang het, bystaan. Gee ag op sy woorde, want hy spreek wat EK aan hom sê om te spreek. Hy sal nie uit homself uit spreek of werk nie, omdat hy self te swak en te nietig is om die werk wat EK hom opgelê het, te volbring. Hy is noual tussen julle en baie ken hom, maar weet nie wie hy is nie. Hy sal egter stil wees tot op die tyd dat EK na hom sal kom en hom van sy opdrag vertel. Hy sal MY met ope arms tegemoet kom en MY as sy enigste aanvoerder aanvaar. Hy sal MY aan almal verkondig en sy werk sal buitengewoon groot wees. Hy weet nog self nie van sy groot werk vir MY nie en sal ook niks voor die tyd te wete kom nie. EK sal hom egter self kom sê wat hy moet doen en hy sal dit met die grootste liefde in sy hart vir MY en vir sy naaste doen. Luister na sy woorde as julle hom herken en wees verseker – MY Gees is in hom. Julle sal MY aan sy woorde herken en wee die een wat hom verwerp, want hy sal MY verwerp. Julle wat egter saam met hom vir MY sal stry, sal die grootste loon denkbaar beërf en julle sal saam met MY vir ewig in die grootste geluksaligheid leef. MY voorloper sal die ryk heel eerste ingaan en julle sal agter hom aankom terwyl julle deur MY gelei word. MY kinders, werp alles in die stryd, sodat julle daar kan kom en wees verseker van MY liefde vir julle. EK sal julle nooit verlaat nie en julle sal krag van MY ontvang om julle missie te voltooi. Die wat dan nie vir MY sal sterf nie, sal die nuwe aarde beërwe en ook daar sal hulle gelukkig saam met MY kan lewe. EK is orals en daar is nie ‘n regte plek en ‘n verkeerde plek nie. Solank jy net daar is waar EK is.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205