DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 4
14 Des. 2007 05:13
Kom vra maar vir MY alles wat julle wil weet en Ek sal dit alles aan julle sê sodra julle MY Stem in julle binneste kan hoor. EK bevry elkeen van alle aardse vrees en elke ander ding wat pla en waarvoor jy nog nie ‘n oplossing gevind het nie. Gaan vra maar vir My skryfknegte, EK het al verskriklike dinge aan hulle bekend gemaak, wat hulle self nooit sou kon verdra het as hulle MY nie in hulle binneste kon hoor praat het nie. EK versterk hulle geweldig, net met MY nabyheid en alles word aan hulle verklaar. Selfs die geloofstryd wat nog voorlê is vir hulle niks. Dit is nie omdat hulle so goed is of so sterk van geaardheid nie, dit is omdat EK hulle krag gee daarvoor. Baie dinge is al aan hulle bekend gemaak wat betref die toekoms en hulle kan dit al dra, al is dit swaar. Nou waarom dan? EK, MY liewe kinders, is die antwoord op julle vraag. Geeneen van hulle sou dit kon vat nie, omdat dit baie swaar is, maar Ek het dit van hulle skouers afgeneem en dra dit vir hulle. Hulle het MY opgeneem en loop dan verder asof niks in die wêreld hulle sal kan onderkry nie. En in der waarheid sál niks hulle onderkry nie omdat EK, hulle PA en Verlosser, die hele tyd langs hulle stap en hulle saam met MY dra. Hulle besef nog nie eers dat EK hulle dra nie, hulle dink die heletyd dat EK hulle help met hulle swaar las en weet nie dat EK hulle al lankal SELF opgetel het nie. Dit is die rede dat hulle skynbaar sonder vrees nog die toekoms tegemoet wil hardloop. Maar diep in hulle harte skuil daar nog net een vrees wat nog oorkom moet word en dit sal Ons ook nog regstel. Dit is nog die maar die vrees vir die dood. EK sal julle vertel wat MY planne is om julle almal te genees van daardie vrees. EK sal aan julle wys dat die dood niks is wat gevrees hoef te word nie deurdat EK iemand uit die dood sal opwek en lewendig aan julle almal sal teruggee. My skryfknegte weet al wie hierdie persoon is en was baie geskok toe hulle dit hoor. Veral MY een skryfkneg was baie bang en hartseer, omdat dit haar eie seun sal wees. Sulke dinge kan hulle al dra sonder om inmekaar te sak van vrees. EK het haar al sodanig versterk dat sy dit alles in MY Hande oorgegee het en nie meer so vrees soos aan die begin nie. EK wil aan julle almal iets bekend maak wat julle sal moet dra, omdat dit julle elkeen se las sal wees wat hy sal moet dra. Maar soos MY skryfkneg, sal julle dit ook met vreugde kan dra en verseker daarvan kan wees dat EK alles wat julle gewillig aan MY afstaan, weer sal terugkry. Alles wat julle aan MY gee, neem EK en vernuwe dit. EK herstel alles, sodat julle dit dan weer van MY terug ontvang en dit heeltemal anders en vernuwe is. Dit sal vir julle elkeen ‘n bron van vreugde gemaak word. Gee alles in MY bekwame Hande oor en EK sal jou verbly met iets nuuts wat EK in daardie plek aan jou gee. Dit sal dieselfde onderwerp wees wat julle eerste in MY Hande gegee het, maar net baie beter en nuut. Heeltemal oorgedoen en sonder foute. MY skryfkneg is ook al deur MY vertel dat haar seun vir haar nog groter vreugde gaan verskaf as nou. Hy sal ‘n ware profeet wees wat julle almal sal bystaan en julle sal almal nog oor hom juig, almal wat nou hier lees, want EK gaan hom teruggee sodat hy self kan kom getuig hoe ‘n Liewe Vader EK is, sodat julle MY nog meer lief kan kry en sonder enige vrees vir die dood, die geloofstryd tegemoet kan gaan. Dit is hoe EK julle van die doodsvrees gaan bevry, en wees bly hieroor, want dit sal vir julle almal tot groot seën strek, en julle sal alles kan verdra, omdat satan dan nie meer vir julle iets sal wees wat julle vrees nie. As julle voor ‘n keuse te staan kom, sal julle die regte keuses maak omdat julle nie meer bang sal wees nie. En julle gaan voor vreeslike keuses te staan kom! Baie van julle wat nou hier sit gaan moet kies tussen die lewe en die dood. Dien julle die Antichris, sal julle die aardse lewe kies en dien julle MY, sal julle die aardse dood kies. Dit sal voorwaar ‘n stryd wees soos daar nog nooit op aarde geheers het nie en niemand sal dit kan dra as hy nie eers vooraf deur MY versterk is nie. EK is julle krag en julle sterkte. EK maak julle voete soos die van herte, sodat julle te midde van groot wêreldberoeringe vlugvoetig oor alles sal kan spring en soos bokkies kan huppel, terwyl die wêreld om julle sal huil. Kom soek na MY Stem in jou binneste, soos wat EK al baie keer gesê het en jy sal ook deur MY versterk word. Dit sê Ek weer aan julle, en dink aan MY Grote Liefde wat julle herhaaldelik daarvoor uitnooi, sodat julle vol krag die toekoms in sal gaan.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205