DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 41
31 Des. 2007 6:27
My baba het wakker geword en ek het by hom gaan lê en sy melk gegee. Vader het my gemaan om nie weer aan die slaap te raak nie. Vader het vir MY gesê dat ek HOM nie sal sien as ek weer aan die slaap raak nie. Dit was koud toe ek weer opstaan en ek moes die kombuisdeur oopmaak waar ek moes staan en in die gees na Jahshua gaan. Daar was ‘n koue trek wat op my gewaai het en ek het na die warm bed verlang. Ek het na Jahshua in die gees gegaan en HY het my na ‘n watervalletjie gevat en gesê dat ek in die poeletjie moes induik. Die water het vir my baie koud gelyk maar ek het ingeduik. Die water was heerlik warm en HY het my op SY skoot getel en my iets warms gegee om te drink HY het SY Vaderarms om my gesit net soos ‘n klein kindjie op haar pa se skoot. Toe sê HY aan my dat ek nie die warmte van die bed moes opsoek nie, maar my warmte by HOM moes kom kry. HY sal ons warm hou in die tye dat dit koud is.
 
Vader dikteer:
Ja MY kinders, soos MY skryfkneg, is julle almal lief vir julle warm beddens en sal alles gee om nog ‘n bietjie langer te kan slaap. Maar EK sê vir julle dat julle MY nie sal sien as julle nog langer sal slaap nie. Klim uit julle beddens en kom soek na MY en EK sal julle MY laat vind, soos wat EK ook aan MY skryfkneg gewys het. Dit is baie lekker om te slaap, maar julle moet dit oorwin en liewer julle warmte en rus by MY kom soek. MY skryfkneg het glad nie meer koud gekry nie, ten spyte van die koue windjie wat oor haar gewaai het en in die gees het EK haar warm gehou, wat dan ook die gevolg gehad het dat haar liggaam ook nie koud gekry het nie. Lê julle aardse liggame en die plesiere daarvan af en EK sal julle iets beters gee as dit. Elke ding wat julle aflê ter wille van MY, bring julle nader aan die eenwording met MY en dit sal vir julle bespoedig word, hoe meer julle daarvan afsien. Dit het EK al ‘n week gelede aan MY skryfkneg gesê toe EK haar gesê het om enige lekkerny te vermy. Die lekkernye hou baie van die bose sieledeeltjies in waarvan julle weet, en dit maak julle onrein en maak dat julle langer vat om deur MY gereinig te word. Die eenwording met MY word ook dan tot later uitgestel. Die van julle wat baie ernstig is om so gou as moontlik met MY te verenig, sal dan ook hierdie les baie ernstig opneem en dit ook getrou nakom. Vra MY wat geskik is om te eet en te drink en EK sal jou daarmee help. Vir die van julle wat nie die nodigheid daarvan insien nie, wil EK sê: Moenie met hartseer toekyk hoe jou naaste met MY verenig is en jy nog nie, omdat dit dan net jou eie skuld sal wees. Kom vra MY om met jou te wees en EK sal jou deur al die versoekings help.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205