DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 43
1 Jan. 2008 06:53
Jahshua hou my vas en ons staan op ‘n strand. Ek sien ‘n kleinerige seilskippie aankom wat probeer om na die kus te kom. Daar is skielik ‘n baie grot kolk of maalgat reg voor die skippie en die skippie vaar reg bo-oor sonder om te sink. Die skippie word ook nie van koers afgebring nie, maar word tog bietjie deur die kolk geraak. Die skippie vaar verder en daar kom ‘n groot walvis en probeer die skippie met sy stert slaan, maar as hy sy stert oplig om te slaan, stoot die water die skippie weg van die walvis en dan slaan hy mis. Die skippie word ook die minimum daardeur geroer en vaar verder tot amper by die strand. Daar is groot rotse in die pad, maar die skippie vaar mooi netjies tussen die rotse deur en strand veilig. Ek sien dat ek weereens in Jahshua se arms staan en HY sê dat dit my lewenskippie is. Die kolk, walvis en rotse stel sekere dinge in my lewe voor waarvan Jahshua my al in die verlede vertel het. Dit sal swaar laste wees wat ek moet dra, maar HY het my verseker dat HY my sal help as ek net SY las optel. HY sal myne dra.
 
Vader dikteer:
Julle almal het laste wat vir julle te swaar sal wees om te dra. Julle sal dit nie baas kan raak as julle MY nie liefhet nie. Vrees nie die toekoms nie, want die toekoms is in MY hande. EK heel met MY hande en sal nie een van MY skapies swaar laat dra en seerkry nie. Daar sal voorwaar vir julle elkeen iets gegee word om te dra, omdat dit jou sterk maak en dit die eenwording met MY sal bespoedig. MY lyding aan die kruis het die gevolg gehad dat MY hele liggaam in die Gees oorgegaan het en dit sal dieselfde vir julle ook wees. Die kwaai lyding wat julle sal moet deurmaak, sal julle reinig en julle liggame sal dan heeltemal vergeestelik sodat jy nie meer vlees sal wees nie, al het jy nog ‘n liggaam. Dit is ook ‘n baie belangrike gebeurtenis, omdat die sieledeeltjies wat in jou liggaam vassit, daardeur gehelp word om te vergeestelik. Die sieledeeltjies sal dan ook krag verleen aan die persoon aan wie die sieledeeltjies behoort. Onthou, jou liggaamsieledeeltjies is nog onryp sieledeeltjies wat nog ook hulle voltooiing oor die aardoppervlak moet voltooi. Is die deeltjies al vergeestlik, sal dit dan die persoon of persone geestelik baie help en wanneer hy dan sy lewe oor die aarde moet voltooi, dit dan vir hom baie makliker sal wees om sy weg na MY te vind. Daarom is julle lyding ook voordelig vir die siele wat nog bymekaar moet kom en mens word. Julle sal almal deur MY gedra word en die wat MY nie liefhet nie, sal stom van verbasing staan en toekyk hoedat julle nie omkom van die honger nie. Julle sal deur MY gevoed word en aan die lewe gehou word in omstandighede waar ander sal beswyk. Julle sal met krag aan kan gaan en vrolik wees ten spyte van die leed wat die Antichris julle sal aandoen. Daar sal baie van hulle gered word deur julle lyding en hulle sal hulle by julle kom skaar om hulle weg na MY te vind. Dink aan jou naaste en dit sal ook vir jou baie moed gee om aan te gaan. As jy weet dat jou lyding iemand uit die kloue van die bose sal red, sal jou lyding ook vir jou meer draaglik wees. EK sal julle help deur alles, MY kinders en julle moenie vir iets bang wees nie, want EK is hier by julle en nie vêr nie. EK sal julle vashou, sodat julle skippies ook veilig op die strand kan land en julle in MY arms sal sit. Dit is ‘n belofte aan elkeen van julle wat na MY kom.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205