DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 44
1 Jan. 2007 07:28
Ek sit op Jahshua se skoot en HY wys my SY pragtige hande. Ek sien die buitenste ruimte in SY hand en kan orals sterre en planete sien. Ons aarde is ook daar en HY sê vir my dat HY alles in SY hande hou. Dit lyk baie klein in Jahshua se hand. Die buitenste ruimte lê net in SY een handpalm. HY maak SY hand toe en die ruimte is weg. HY sê dat ek na HOM in SY gesig moet kyk. HY is vol van liefde en SY oë is so sag en liefdevol. HY het weer sterretjies in SY gesig en hare. Jahshua sê dat HY behae in my het en ek sê aan HOM dat ek vol sonde is. HY sê dat HY elke sonde van ons afwas en ons reinig. HY sê dat HY behae in my het, omdat ek bereid is om vir HOM te ly. Ek wil HOM vra om vir my krag te gee, omdat ek swak is en dit nie self sal kan doen nie, maar voor ek kan vra, antwoord HY my en sê dat ek krag sal kry en dat ek tot op die einde getrou sal bly aan HOM. HY sê dat ek alles moet kom tik.
 
Jahshua dikteer:
Ja, MY kindertjies, EK wil met elke een van julle so sit en julle koester en met liefde wil EK met julle praat. EK wil julle versterk, soos wat EK haar nou-net versterk het. Haar liefde vir MY word groter en groter en dit sal maak dat sy MY een-van-die-dae in die persoon met haar liggaamlike oë sal kan aanskou. Dit moet elkeen van julle se begeerte ook wees en dit wil EK vir elkeen van julle ook gee. Kom, MY kleintjies, kom sit op MY skoot, sodat EK ook met jou so kan praat en jy MY nog liewer kry. MY skryfkneg is niks beter as enige een van julle nie en EK het haar net uitgekies om vir julle te wys wat EK aan iemand kan doen wat MY opreg en uit die diepte van sy hart liefhet. Dit sal vir elkeen van julle ook moontlik gemaak word en julle sal almal dit kan bereik. Weet julle dat EK baie sag praat en met baie liefde? Weet julle dat EK nie dink aan jou sondes nie? EK praat met MY skryfkneg so sag, dat dit vir haar voel of EK fluister, maar sy kan MY baie duidelik hoor. EK is vir elke kind van MY ewe lief en het nie een wat beter is as die ander een nie. Die een wat dink hy is beter as die ander een sal nie so deur MY opgetel word nie, nie voordat hy van sy hoogmoedstroontjie afgeklim het nie. Wat EK wil hê is nederigheid en die nederiges van hart sal deur MY vertroetel word. Moenie dat jaloesie, hoogmoed, naywer en soortgelyke duiwelse vrugte julle belemmer om ook so op MY skoot te sit nie. Werp dit van julle af en kom soek na MY en EK sal MY deur jou laat vind en jy sal ook op MY skoot sit. Die een wat op MY skoot sit, wil nie afklim nie en dit is ook nie nodig nie, want jy kan jou aardse gang gaan terwyl jy op MY skoot sit en in die Gees met MY kommunikeer. Terwyl jy met ander praat en dinge doen, sal jy dan tegelykertyd by MY kan wees en met MY gesels. Dit is heeltemal moontlik en MY skryfkneg kry baie oefening daarin. Sy sukkel nog, maar sal deur uit te hou, dit heeltemal vervolmaak, want EK sal haar die krag daarvoor gee. MY lieflingkinders, EK wil julle aanspoor deur hierdie boodskap wat EK vandag vir julle bring. Moenie dink dat EK een wil verhef bo die ander nie. Sy is net so ‘n mens soos julle. Dit is alles net MY krag alleen.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205