DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 47
2 Jan. 2008 06:02
Ek staan in Jahshua se arms en daar is groot berge voor ons. Daar kom mense vanuit die berge na Jahshua aangestap. Hulle kom uit alle rigtings. Jahshua draai om en wys my ‘n groep mense baie vêr agter ons. Dit is die mense in Suid-Afrika. Die mense wat uit die berge kom, kom tot by Jahshua en vra of hulle ook saam met HOM na SY volk kan gaan. Jahshua loop voor en lei die mense tot by die groep in Suid-Afrika. Daar sien ek die mense staan almal teen mekaar en vorm ‘n sirkel. Daar kom ‘n tou en bind almal saam vas soos ‘n gerf en die mense word een groot gerf. Daar kom ‘n groot hand, tel die gerf op en dra hom na ‘n skuur. Ek sien sakke vol koring. Die berge gaan in vuur op en brand.
 
Jahshua dikteer:
Vanuit die wêreldlande gaan MY volkie aankom na MY uitverkorenes hier aan die suidpunt van Afrika. Dit sal ‘n blye dag wees wanneer EK hulle almal gaan vergader. Niemand sal agterbly en vergete in ‘n ander land sit nie. Julle sal dit sien en bly wees, omdat dit ook deel van MY volk is wat nog verstrooi is en na MY ander kinders gebring moet word, sodat hulle MY almal in die vlees kan aanskou. Die koring word dan finaal van die kaf geskei en die onkruid is dan gereed om gebrand te word. Sorg dat jy jou by die koring skaar en nie die kaf nie. EK sal al die onreine van die aarde af brand, sodat die aarde weer nuut en rein sal wees en EK weer MY koring kan saai en hulle veelvoudig vrug kan lewer. My kinders, julle sal almal deur MY na Migdol gedra word en julle hoef nie te vrees en te wonder hoe julle daar sal kom nie. Dit alles lê in MY mag en EK sal nie een van julle agterlaat nie. Nadat almal van regoor die wêreld hier by julle vergader is, sal EK kom en julle sal MY almal in die vlees kan aanskou. Daar sal die onder julle wees wat MY dadelik herken, maar daar sal ook wees wat MY nie sal herken nie en eers later sal besef wie EK is. Wees rein, sodat jy MY sal kan herken en dadelik in MY arms sal kan staan. EK sal voorwaar elke liewe een van julle daar vashou en versterk vir die toekoms, maar die laaste een wat deur MY vasgehou sal word, sal teleurgesteld wees omdat hy MY nie dadelik herken het nie. Sorg daarom ook dat jy die pad na die eenwoding met MY stap en sodoende MY voor die tyd kan sien. Dit is baie groot genade van MY kant af omdat julle net mense is wat vol sonde is en EK uit liefde alles in MY vermöe doen om julle rein te maak sodat julle MY kan sien. Daar is min tyd daarvoor oor en daarom maan EK julle om julle aardse dinge af te lê en julle op MY toe te spits. Wanneer julle te besig is met aardse besighede en dinge wat jou aandag van MY aftrek, sal julle baie langer vat om met MY een te word. Los alles wat nie hoort nie liewer uit en laat MY ook toe om jou te reinig en jy sal vinnig een met MY word. Julle is MY volkie waarvoor EK so lief is en na wie EK sal kom. Selfs nie eers die Israeliete van ouds kon MY aanskou soos wat julle MY nou binnekort gaan aanskou nie en dit sal vir julle tot groot seën wees wanneer EK sigbaar in julle midde sal wees. Oefen julle daarom in die gees sodat julle fiks kan wees en nie moeg sal word nie. Dit sê EK, Jahshua en God van die leërskare aan die nageslag van Israel wat EK uit die woestyn tot in die Beloofde Land ingelei het. Julle is weer op pad uit die woestyn na die Beloofde Land en sal hierdie keer deur MY Self gelei word. EK is julle Moses en sal MY volk na veiligheid bring waar EK die hele tyd by julle sal wees en julle nooit ooit weer van MY geskei sal word nie. Anders as Moses sal EK julle self in die Beloofde Land inlei en met julle daar wees. Daar sal nooit weer ‘n traan vloei nie en die grootste geluk en liefde is al wat daar sal heers, omdat MY Gees daar sal heers. Kom nou na MY en volg MY en EK sal jou inlei na die Land wat EK aan julle beloof het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205