DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 48
2 Jan. 2007 06:41
Jahshua wys my dat my handpalms groen is. HY wys my ook dat my hele lyf al die kleure van die reënboog is. Ek sien my kop is rooi, my bors geel ens. Later verwissel die kleure en dan is MY bors weer rooi en MY bene geel, my voete blou en so gaan dit aan. My rug is wit. Jahshua sê dat ek moet kyk na die opkomende son en daar is groen gras wat nat is van die dou. Die son verlig die dou en daar gaan duisende reënboogkleure vanuit die gras op. Jahshua sê dat ek die reënboogkleure nie net in my hart moet berg nie, maar dat ek dit moet uitleef ook.
 
Jahshua dikteer:
Ja julle is MY reënboogkinders, omdat daar in julle elkeen die reënboog is waarvan EK julle in ‘n vorige hoofstuk vertel het. Al daardie eienskappe heers in julle harte en moet ook uitgeleef word ,sodat julle julle naaste kan liefhê en dien. Wanneer jy nie jou kleure uitleef nie, is dit net soos die lig wat onder die maatemmer versteek word. Moenie jou liefde wegsteek nie. Leef dit uit. Gee aan ander van die liefde in jou hart en deel jou vriendelikheid met ander. Moenie eenkant op ‘n hopie sit nie, want dan is die kanse dat iemand jou lig sien skyn, baie skraal. Kom in die Son in, sodat jou kleure kan uitkom en jy ander na jou sal trek. Daar is ekstroverte en introverte, maar EK sal aan elkeen die regte weg wys wat hy moet gaan en hy sal sy vissies vang deur die mooi kleure wat hy uitstraal. Kom vra MY en EK sal jou eienskappe verlig sodat jy nie in duisternis sit en vergaan nie. Julle moet deurgaans skyn en MY bely en ander sal na julle kom om ook van die lig te ontvang wat julle het. Dit is ‘n belofte aan MY kinders wat EK sal nakom en julle sal so verlig word dat daar tot van die ander volke van ander lande na julle oorstroom. Hulle sal almal vra om net die kleed van ‘n Boer te mag aanraak omdat hulle MY in julle sal sien. Daarom moet julle nie een oomblik van duisternis in julle toelaat nie, omdat jou naaste baie na MY soek en MY by jou sal vind. Vermeerder die Lig in jou en jy sal nog helderder skyn tot voordeel van die om jou en hulle sal deur jou onbaatsugtige lig en reënboogkleure gered word. Dit sal die lot wees van almal wat na julle lyding as volkie sal kyk. Ten spyte van die lyding wat julle sal moet deurmaak, sal julle skyn en MY Aangesig sal EK oor julle verhef en julle laat blink tot voordeel van baie ander nasies wat nog verstrooid is. Hulle sal dan almal hierheen wil kom om MY te vind omdat hulle MY in julle kleure gewaar en sal dan so deur julle gered word. Daarom moet jy in MY lig leef en jy sal straal te midde van groot wêreldse duisternis. Dit is ‘n uitnodiging aan almal wat vir MY wil skyn.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205