DIE BEVRYDING
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51.

Hoofstuk 5
14 Des. 2007 05:46
Noudat EK julle vertel het hoedat julle van julle doodsvrees genees sal word, wil EK julle nog iets anders byvertel. Julle sal nie almal op MY nuwe aarde kan wees nie. Waarom nie? Omdat julle nie almal geskik is daarvoor nie. EK het in MY Groot raadsplan ‘n baie goeie rede daarvoor en die rede wat EK julle kan gee is dat net sekere kinders van MY die toets kan volstaan om daar te kom. Die toets sal wees in julle liefde vir MY. Baie van julle wat nou hier lees, het MY onbeskryflik lief en sal dan nie die nuwe aarde beërwe nie, omdat julle MY bo alles liefhet. Julle sal EK persoonlik kom haal en in MY arms na MY woning vir julle dra. Julle sal MY nog liewer kry in die tyd van die geloofstryd en sal nie meer ‘n begeerte hê om nog langer van MY “geskei” te wees nie. EK ken elkeen se hart en weet wat sy diepste wense is en in daardie tyd sal Ek dan ook kom, en almal wat wens om na MY te kom, sal Ek dan opneem en verlos. Die ander wat wel gaan agterbly, sal MY ook bo alles liefhê en hulle sal MY ook verwag, maar hulle sal nog nie die wens hê om deur MY opgeneem te word nie en sal dan verder gaan, nog steeds onder MY bewaring en vol moed en durf, omdat hulle op My alleen vertrou . Daar is nie fout met enige een van hierdie keuses nie. Altwee maak MY Vaderhart baie bly en julle sal almal hartlik deur MY geseën word. Dit is net dat party van julle al ‘n sterker begeerte sal hê as die ander om deur MY opgeneem te word. Lê alles in MY Hande en EK sal jou lei. Dit is nie verkeerd om op die nuwe aarde te wil wees nie, omdat dit ook ‘n ryk is wat EK vir julle berei het en Ek dit gaan gee aan almal wat MY getrou gebly het tot op die einde. Julle wat MY begeer uit die diepte van julle harte, sal ook kan kies of julle hier wil bly tot op die einde wanneer jou werk vir MY klaar is. Kies jy om na MY te kom, sal EK jou net eenvoudig kom haal en jou wegvoer na die plek wat EK spesiaal vir jou berei het. Daarom moet julle nie bekommerd wees en dink dat iemand verlore gaan, net omdat hy gesterf het tydens die geloofstryd nie. Daar mag nie sulke misverstande in julle heers nie en EK wil alles nou duidelik maak voordat die groot en deurlugtige dag van Jahweh aanbreek. Dit is nog iets waarvan EK julle wil bevry - die misverstand oor die nuwe aarde en die wat deur MY voor die tyd opgeneem is. Wees egter nie bevrees nie, jy wat hier lees sál die regte keuse maak en EK sal jou ondersteun en jou gee wat jy begeer omdat jy MY liefhet en MY Aangesig soek.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205