WAT VAN DIE UITVERKIESING?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 10.
22 Desember 2007 om 00h30
Ek het jou eerste liefgehad. Ek het nie gewag om te kyk wat jy maak nie, Ek het jou uitverkies, nie julle vir My nie. Ek het julle kom soek. Ek het nie êrens weggekruip totdat julle My eendag gekry het nie. Ek het ook nie soos ‘n neutrale skeidsregter na ‘n kragmeting op lewe en dood die wenners en die wat geslaag het, aangewys nie. Voor die wedstryd nog begin het, het Ek al kant gekies – julle kant. Ek het julle uitverkies. Ek het dit nou wel ‘n bietjie makliker gemaak deur op die kruis te sterf, maar nou moet julle, julle kant ook bring.
Ja, die beste mens om die uitverkiesing voor te verduidelik is die mens wat in die modder lê, wat handdoek ingegooi het, die man wat geen pretensie meer het nie, wat erken dat hy ‘n slaaf van die sonde is, die mens wat weet dat hy skuldig staan voor My en mense sodat hy hulle nie meer in die oë kan kyk nie. Na sulke mense gaan julle met die evangelie van die uitverkiesing. Julle gaan nie met die dreigende boodskap dat hulle nou sal moet opstaan, anders gaan hulle hel toe nie. Julle gaan met die byna ongelooflike boodskap dat Ek sondaars liefgehad het toe hulle nog sondaars was. Dat Ek vergifnis skenk, gratis en verniet, dat die prys al eeue gelede betaal is, dat hierdie liefde van My so oorweldigend eensydig is dat julle sou kon sê dat Ek julle al liefgehad het voor Ek nog die aarde geskape het.
En as julle hierdie woorde van My hoor, en jy dit glo, dan staan jy op. Dan word jy ‘n ander mens, ‘n nuwe mens. En jy word ‘n mens wat nooit kan ophou dink oor die wonder dat Ek jou begenadig het nie. Ja, dat Ek alles gedoen het, hoef nie afgelei te word van ‘n paar verspreide teksies nie. Nee, dis die boodskap van die hele Bybel. Kyk, Ek het profete na julle gestuur met My verlossende woorde. Ek het met My Gees in die harte van mense ingegaan. Die Ek-met-julle het Ek-in-julle geword. Ek het die klipharde dom harte uitgehaal en dit vervang met sagte harte van vlees. So het Ek die mense oplaas gemaak glo. Ek doen dit vandag nog met My Gees en My Woord.
So is die uitverkiesing ‘n evangelie, ‘n boodskap van blydskap waarmee ‘n mens na mense toe kan hardloop. Ek julle Vader is ‘n Vader van liefde. Staan op! Begin ‘n nuwe lewe.
Ek het jou lief, daarom is jy veilig vir tyd en ewigheid.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205